Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"
"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."
"Gansbaai is geleë naby oulike besienswaardighede. Ons het gereeld uitgery na Stanford, Hermanus, Franskraal, Uilenmondkraal, Baardskeerdersbos en Pearly Beach. Die lokale seekos was uit die boonste rakke. Veral die Boathouse waar mens teen billike pryse vars voorbereide seekos kan geniet in die hawe. Gansbaai is 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Die visvanggeleenthede in die hawe kraai ook koning."
"Baie stil en rustig. Naby genoeg aan Bredasdorp indien jy iets nodig sou kry. Min dorpies wat nog so ongerep is. Love dit!"
"Witsand is lieflik, ons sal graag weer daarnatoe gaan, dis rustig met pragtige uitsigte. Alhoewel daar nie baie winkels ens is nie, is Heidelberg naby genoeg dat dit geensins saak maak nie. Nella se winkel het die meeste goed wat jy dalk dringend kan nodig kry. "
"Daar is heelwat te doen en plekke rondom om te besoek, maar as jy die natuur, visvang en rustigheid wil beleef is dit die plek!"
"What a friendly and welcoming town! The beaches are beautiful and safe. It is not too far from Arniston and Bredasdorp. Also close to the southern most tip of Africa - which is a must see. It is a great place to relax and enjoy the sea, sun and beaches. "
"Strande pragtiger en meer toegangbaar as wat ons verwag het. Goeie verskeidenheid eetplekke."
"Baie rustig met mooi uitsigte en wandelpaaie, flaminke en talle ander voëlspesies en die geruis van die branders en die stilte in die nag."
"It is the first time that i drove through the area of Elgin but I enjoyed it. "
"Hierdie is 'n visvang-paradys. My ervaring in die verlede was dat die weer pragtig is oor September. Die wind hierdie tyd van die jaar in April was bietjie erg."