Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Loved the beaches and sea. Wonderful places to eat. A real tourist attraction. "
"Ek het 'n sagte plekkie vir hierdie historiese dorp met sy ryk geskiedenis, mooi natuurskoon en vriendelike mense."
"Die Bontebok Natuurreservaat was 'n groot teleurstelling. Die nuwe ingang is baie versteek, die pad is baie sleg in die park, die diere is baie uitgedun en ek dink nie jy kry waarde vir jou geld nie. Die "Stroom" vir dagbesoekers is baie mooi en skoon waar 'n mens lekker sal kan braai, swem en visvang. Die Tredoux-pas is asemrowend en lekker naby vanaf Swellendam. Swellendam is nog mooi skoon en rustig. Lekker wegbreekplek en nie te ver van die Kaap af nie."
"Dit is 'n tipiese plaasdorp. Baie mooi ou huise wat netjies opgeknap is. Die Ou Meule het die lekkerste pasteie en gebak."
"The restaurants are expensive. The town needs a Spur and a Steers. We had a very enjoyable & affordable meal at Elements Restaurant - this I can highly recommend. "
De Hoop Nature Reserve, Overberg
De Hoop Collection"This is one of our most loving places in South Africa. Wonderful!"
"Dit is rustig en ontspannend en lekker vir stap en visvang. Kry net vir jou lekker stapskoene vir die rotse en 'n warm ding. "
"Greyton het nie 'n lelike, afgeskeepte hoekie nie. Ek weet nie hoe Greyton dit regkry nie, maar al die strate is ewe mooi. Alles werk net reg uit. Dit is net ver genoeg van die groot dorpe en stede af. Die berge om Greyton dra finaal by tot 'n besondere bekoring. "
"Struisbaai is die rustigheid waarvoor 'n mens soek, maar ook 'n lekker plek om jouself uit te leef."
"De Kelders is 'n baie stil en rustige dorpie, daar is 'n paar restaurante en genoeg winkels om te koop wat jy nodig het."
"Ag! Hermanus is 'n kósbare dorpie met pragtige mense! Ek dink, (nie seker nie), maar op Kwêla was hy die dorpie van die jaar aangewys - en hy kán dit maar weer kry! Hy is een van ons land se móóiste dorpe en net die feit dat jy die walvisse, so mooi, daarvandaan kan sien, maak dit soveel méér kosbaar! Dis 'n outydse, opgesmukte dorpie, té pragtig!"
"Pragtige skoon en rustige dorpie langs die see. Pragtige Botaniese tuin. Hier kry jy waarlik rus vir jou siel."