Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Voor my besoek nooit besef dat Greyton so gerieflik is vir gaste nie, baie restaurante, markie ens maar verloor terselfdetyd nie sy kleindorpie gevoel nie."
"Die plek self is pragtig. Hou baie daarvan. Sal weer teruggaan vir vakansie of net wegbreek van die gejaag van die stad."
"Greyton is 'n mooi klein dorpie met mooi winkeltjies en lekker restaurantjies. Die dorpie is in 'n mooi omgewing vir mense wat graag stap, bergfiets en perd ry. Die mense is vriendelik en is 'n lekker dorpie om tot rus te kom."
"Hermanus is 'n baie besonderse plek. Ek het so baie dinge gesien en gedoen in 'n naweek se tyd en dit was 'n belewenis. Almal is vriendelik. Net om uit te kyk oor die see, kalmeer mens sommer en dan besef mens eintlik hoe mooi die natuur is."
"Struisbaai het diep in ons harte ingekruip ... Soveel so, dat ons dink om daarheen te verhuis eendag ..."
"Ons het gevoel dat die winkels af na die Hawe se kant toe, te laat oopmaak in die oggende indien 'n persoon 'n ontbyt wil geniet. Daar was 2 oop so was nie baie beïndruk daarmee nie. Selfs die boekwinkels was teen 10 nog nie oop nie. Baie teleurgesteld daaroor, maar die res was dit taamlik ok. "
"Die dorp en sy mense is so vriendelik en dit voel amper asof jy tussen jou eie mense is. Ons wil weer gaan maar langer die keer!"
"Ek het nie vreeslik verken nie. Ek het gekom om aan die Spur Winter Series deel te neem wat daai naweek afgeskop het. Die natuur langs hierdie "event" was asemrowend en Paul Cluver was baie mooi!"
"Ek was jare laas op die dorpie, maar dis steeds 'n pragtige plekkie vol "hidden little gems". Beslis die stilhou werd vir enige toeris wat in die omgewing is."
"Kunstenaar en "home decorator" se droom! Ons was baie aangenaam verras om te sien hoeveel restaurante en oulike winkels daar was. Die wandelpaadjies is briljant. Agulhas sal ons beslis weer sien!"
"Beslis die moeite werd en as deel van my "Bucket list" was dit 'n onvergeetlike ervaring."