Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Kleinmond is a gem of a place. Small, safe town with everything one needs right there. Well worth a visit."
"Kable Joe's se seekos was heerlik! Daar is baie wynplase in die omgewing, veral naby Hermanus. Dit is 'n lekker "rondry en verken" omgewing."
"Wonderlik! Will sommer weer gaan en langer bly! Letterlik hemel op aarde!"
"Ons sal beslis weer by Agulhas/Struisbaai tuis gaan. Die Shipwreck Museum op Bredasdorp is 'n moet om die area beter te waardeer."
"Wat 'n wonderlike dorp - nie een huis se tuin was onnet of die gras nie gesny nie. Was werklik 'n lus om daar te wees. Potpouri maak die heerlikste etes. Sal beslis weer die dorp besoek. Baie dankie."
"Mooi dorp. Interessante NG Kerk in die dorp - veral die kerk se kloktoring. Lekker sop geëet oorkant die kerk by The Old Gaol."
"Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand."
"Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp. "
"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."
"Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal is eintlik 'n een aanmekaar gebied. Die rustigheid en staproetes by Gansbaai was 'n goeie ervaring. Het die see geniet: bankies langs see is gerieflik. Inkopies word op Gansbaai gedoen. "
"Die Wildebraam Berry Estate is 'n goeie stop om te maak! Lekker proe van likeurs en ingelegde lekkerte!"
"Witsand het die kleinighede wat 'n mens nodig het maar daar is maar goed wat jy moet saam vat soos vrugte en vleis."
"Hermanus is 'n pragtige dorp, hulle paaie en sypaadjies is netjies en goed versorg. Glo die toeriste geniet hulle gate uit in die dorp."