Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Dit is werklik waar 'n pragtige plek waar die hartklop die mense van die omgewing is."
"Greyton is 'n lieflike dorp. Daar is baie om te doen en te sien. Die mense is vriendelik, restaurante is heerlik en die Saterdagmark het ietsie vir almal. Dit was 'n koue, reënerige naweek en dit het glad nie die gemoed negatief aangetas nie, inteendeel, dit het net nog meer tot die lekker atmosfeer geleen."
"Ons weet die dorp kan tydens vakansietyd baie besig raak, maar was vir 'n wintersnaweek baie bedrywig. Ons kan dit hoogs aanbeveel."
"Baie rustig. Neem maar alles saam, daar's nie regtig 'n winkel nie. Hotel se kos was wonderlik gewees."
"Ons hou ten minste 2 keer per jaar vakansie in Hermanus. Dis 'n ongelooflike lekker plek."
"Een van die off the beaten track juwele - gaan maak 'n draai en geniet die pragtige natuurskoon en mense."
"Struisbaai is 'n juweeldorp, nog baie platteland, maar nie te klein nie, 'n heerlike vakansiebestemming."
"Mees fantastieste plek, want ek sal daarvan hou om Hermanus 'n permanente blyplek te maak. Dit het alles wat nodig is."
"My siel is in Hermanus al is my lyf elders. Ek en my dogter gaan jaarliks Hermanus toe vir 'n ma en dogter-wegbreek en enige geleentheid wat ek kry met my man, vriende of familie. Hermanus bied vir beide see- en bergliefhebbers ontspanning. Dit het die mees, asemrowende kuslyn, van rotsagtig en stormsee tot rustige platstrand vir swem, genoeg restaurante, lekker snuffel-winkeltjies, gallerye vir kuns liefhebbers en 'n verrassende natuurskoon by elke baai. Mal oor Hermanus"
"Love the little town. Offering a few different hikes, stunning beaches, specially Palmiet beach. Quaint little shops with an arty feeling."
"A boat chartering service would be ideal, there's one for fishermen only. Imagine a sunset cruise around the Bay. A kid's park near the main beach is needed!"