Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 2438 reviews.
"Naby aan die meeste dinge wat ons wou sien. Ook relatief naby aan van die hekke om Krugerwildtuin toe te gaan."
"Die heerlikste skaaptjops by Spar! Paaie na watervalle net buite dorp onbegaanbaar met sedanmotor. Groot jammerte."
"Dorp se strate is in 'n baie slegte toestand. Meer slaggate as straat."
"Die plek is nie baie skoon nie. Paaie is vol potholes. Cafe M sal ek enige tyd aanbeveel, op 'n Sondagaand was hulle kos fantasies en ook die enigste plek wat oop was."
"Daar is baie om te sien, maar van die plekke is baie sleg onderhou. Die omgewing is pragtig en die moeite werd om te verken."
"Dorpie is klein en ouwêrelds, maar het alles wat mens nodig het. Oulike restaurante en kykplekkies. Swak teerpaaie met baie slaggate in die omgewing is 'n uitdaging, maar die pragtige natuurskoon en wonderlike mooi watervalle en uitsigte maak heeltemal op daarvoor. Die pad na Ohrigstad is tans onder konstruksie. Ons was net ontnugter oor die feit dat ons by elke uitkykpunt en waterval so baie toegangsfooie per persoon moes betaal, terwyl al hierdie goed, soos die watervalle en Canyon eintlik gratis besigtig en waardeer moet word. Landmerk-monumente word beskadig en gevandaliseer, soos die Jock of the Bushveld, Potgieter en Trichard Monument op die Ohrigstad-pad en die ander Monument in die Kolwynspas. Die Austrian Coffee Estate naby Bushbuckridge was baie interessant en beslis 'n besoek werd."
"Baie netjiese deel van ons land met asemrowende uitsig. Die Gorge, God's Window en Bourkes Luck, wonders van SA. Paaie net plek plek baie swak toestand."
"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."
"As jy bo by die Gorge Lift staan sal jy nooit kan glo hoe mooi dit daar onder is nie. Jy moet met die lift afgaan om daardie beeldskone tonele te gaan besigtig. Dit is die geld werd."
"Dis heerlik, want jy het soveel vermaak. Wilde perde, restaurante, live musiek, besienswaardighede, pragtige dorpie, staproetes en beeldskone natuur."
"A birders heaven, especially in winter when the stunning flowering aloes attract nectar-loving species. The grassland and forests also ensure that no birder will be disappointed. Quaint restaurants and wonderful hiking paths, very safe."
"Die omgewing is baie mooi en baie om te sien. Soos alle dorpe het die dorp self maar baie agteruitgegaan sedert ons daar weg is! Moet egter nie daarom wegbly nie, die omgewing is te mooi om te mis."
"The places around Graskop to view makes it a good destination. To make Graskop your base to travel from is a letdown. The town closes at 17h00, with no entertainment or a place to eat except the guest houses or self-catering facilities. The roads to Graskop are appalling with lots of potholes that make travelling after dark dangerous."
"Pragtige dorpie wat voel asof dit iewers in tyd gaan stilstaan het. Al die eiendomme uniek, en so goed versorg. Maak die Dorp van die jaar!"
"Baie slaggate in die R36/R37 pad. Sal aanbeveel om nie Lydenburg om te ry nie."