Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 2438 reviews.
"One of the best towns I have visited, absolutely a must see. Don't forget to make a stop at the Loggers Pub and Grill as well as the Smokey Train."
"Pragtige plekkie soos ons dit onthou. Die dame van 85 jaar was in ekstase oor Graskop. Dis tog vir ons of die dorpie bietjie stiller is en nie so bedrywig soos vroeër jare nie, alhoewel dit vakansie seisoen was. Nog steeds die moeite werd om te besoek. Die beste was beslis die Graskop Gorge hysbak. Wat 'n belewenis! 'n Moet om te besoek."
"Ongelooflike omgewing en natuurskoon met baie besienswaardighede. Beslis 'n top toeristebestemming vir enige ouderdom!"
"Sabie is a great place to travel to. Love the waterfalls and all the adventure from Sabie to Graskop. Great place."
"Pragtige dorpie met uitstekende en interessante restaurantjies. Daar is 'n Spar en Tops vir al jou basiese benodigdhede. Vriendelike personeel by die Engen/Wimpy. Sabie is naby aan besienswaardighede. Sal beslis weer dié dorpie besoek."
"Ons geniet dit altyd om weg te breek na Kaapsehoop toe. Die stilte is vir ons hemels. Net jammer dat van die plekkies toe was na die langnaweek en dat hulle eers die Vrydag daarna oopgemaak het. Ons hou baie van Bohemian en ook kunstenaar Amanda se plekkie sowel as Koek en Pan."
"Elke Suid-Afrikaner behoort die dorpie met al die besienswaadighede te gaan sien. Dis absoluut asemrowend! Aan ons God al die eer! Hy het dit immers gemaak!"
"Oulike dorpie met lekker eetplekkie en winkeltjies, maar verder nie veel te doen in die dorp nie. Omliggend is wel Pelgrimsrus, watervalle ens. Alles maklik bereikbaar."
"Die biltong plek is en al die eetplekke is baie goed. Daar is ook baie plekke wat jy rondom Graskop kan besoek, wat Graskop 'n ideale plek maak om te bly!"
"'n Dorp wat baie sentraal geleë is om al die wonderlike plekke in die laeveld te kan besoek. Die pad na die Kruger wildtuin is 'n nagmerrie vol slaggate en uiters gevaarlik."
"Daar is baie om te sien en doen: staproetes, watervalle en eko skooters. Mooi dorp en lifelike area."
"Sabie as 'n destinasie is beeldskoon, maar daar is nie regtig baie om te doen in die nabye omtrek nie, dus moet jy effens uit ry na al die betrekkings ens."
"Pragtige omgewing en naby winkelgeriewe en Medi-Clinic Hospitaal."