Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Parys is 'n juweel. Die antieke ware. Die kultuur. Ek het 'n stukkie van my hart daar verloor!"
"Parys is 'n dorp met baie karakter en dit is wonderlik om te sien hoe inwoners hulle inisiatief gebruik om toerisme geleenthede te benut. Dit wel egter voorkom asof die munisipaliteit en die plaaslike owerheid heelwat meer kan doen om te sorg dat die dorp 'n gunsteling bly onder besoekers. Die Vaalrivier wat by die dorp verbyvloei speel 'n groot rol in Parys se aantrekkingskrag. Die voortdurende besoedeling as gevolg van rioolafval wat in die rivier invloei, moet so gou as moontlik stopgesit word, ter wille van die dorpenaars sowel as vakansiegangers en reisigers. Dit wil ook voorkom of misdaad aan die toeneem is in Parys. Dit moet vroegtydig in die kiem gesmoor word voordat dit 'n vlak bereik waar dit mense begin afskrik om die skilderagtige dorp te besoek. "
"Maandae en Dinsdae is meeste van die plekke toe, so ons het nie veel te sien gekry nie."
"Gaan besoek al die mooi winkeltjies, dis voorwaar iets vir die oog en ook heerlike eetplekke!"
"Parys is 'n belewenis 'n moet met al die mooi winkels met hulle oudhede ons beveel 'n besoek aan Parys beslis aan. Dan is 'n besoek aan Bon Af bessie plaas 'n moet, verkieslik in seisoen wanneer die bessies in drag is, September tot einde Januarie."
"Slegs hoofstraat is rybaar, agterstrate in woonbuurt is onbegaanbaar met 'n motor."
"Rus en vrede vir die siel. En 'n wonderlike plek om kwaliteittyd saam met iemand te spandeer!"
"Parys het 'n rustige atmosfeer, winkeltjies maak eers na 9 oop, geen kaartfasiliteite om iets te koop nie. Baie antiekwinkels en ware se pryse is goedkoop. Heerlike eetplekke vir ontbyt, middag of aandetes."
"Ek het nooit geweet van die Vredefort dome en die geskiedenis daaragter nie. Ongelukkig kan mens nêrens inligting hieroor kry nie, daar is ook nie 'n plek waarheen mens kan ry om na van die impakgedeeltes te gaan kyk nie. Dis 'n groot geleentheid wat gemis word; selfs die museum was gesluit met geen tye vir opening daarop nie. Groot jammerte."
"Paaie is onlangs opgegradeer en dit is baie goed vir die dorp. Ons kom graag weer terug."