Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Parys is 'n heerlike wegkom-dorp van die stad, en nie ver vir 'n naweekwegbreek nie. O's Restaurant is hoogs aanbeveelbaar, bespreek net!"
"Die winkeleienaars moet regtig plan maak om goedjies te verkoop met Parys op soos byvoorbeeld sleutelhouers vir aandenkings."
"Genoeg koffie winkels en antieke rondsnuffel-winkeltjies wat maak dat die tyd baie vinnig verbygaan. Die Vaalrivier bly 'n absolute bonus en die feit dat dit maklik toeganklik is vir elkeen maak dit 'n moet-sien ervaring. "
"Die dorp is 'n baie aangename toerisme aantrekkingskrag, veral met die nutswinkeltjies wat so 'n verskeidenheid van antieke ware bied. 'n Juweel in die Vrystaat, maar dit is ook baie duidelik dat munisipale verval hier teenwoordig is. Paaie in die woonbuurte is maar vol slaggate. Die toevoeging van die nuwe "container city" lyk na 'n aanwins vir die omgewing, afhangende van die tipe besetting wat toegelaat gaan word."
"Heerlike ondervinding en dit is opvallend hoe vriendelik en hulpvaardig almal by toeriste / restaurante en winkels is. "
"Die dorp moet skoner en opgegradeer word. Ek kom van Mosselbaai en hier is dinge nog op standaard."
"Very nice town with lots to do and nice restaurants, also lots of cool little shops to browse through."
"Coming from Johannesburg and never been to Parys before, we relied on the internet to make dinner reservations. With a choice of two restaurants recommended by our host, I fortunately made the right decision to choose O's. Only after seeing the restaurant did I realise how beautiful the restaurant was, they definitely need to jack up their website, the photo's on there don't do any justice to the beauty of the restaurant."
"Fantastiese dorp - ons sal beslis weer die dorp besoek! Die mense is ongelooflik vriendelik, ek wens JHB was meer soos Parys! "
"Parys is 'n lekker wegkomplek vir 'n naweek vir al die Gautenggers. Daar's heelwat kuns en oudhede winkels. Ons het van Klipdrif af deur die Vredefortkoepel gery en dit voel sommer of mens iewers in die Kaap is so mooi is dit plek plek. Dit is nou winter en droog, maar steeds baie mooi."
"I sincerely enjoyed the town. As opposed to Clarence which I heard as much about Parys is a firm favourite now. Kiki's Photography Studio is an absolute must. "
"Was goed om te sien, maar een dag en aand is genoeg om alles te sien."
"Kan slaggate in die agter strate herstel. Ideaal vir 'n wegbreek van die rand en besoek aan die koepel-gebied."
"Mal oor Parys, het daar grootgeword en lief die plek, net jammer van die vreeslike slaggate en ook die verval van die ou begraafplaas."