Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Gedurende naweke kan Parys nogal bedrywig raak en dan sukkel jy soms om middagete by een van die plaaslike restaurante te kry veral as jy nie by die kitskosrestuarante wil eet nie."
"Ek was so verbaas oor die pragtige plek. Nooit geweet dat dit so vol antieke is nie. Wil nog teruggaan en deur elke plekkie gaan stap. 'n Aanbeveelbare toeristebestemming, maar 'n definitiewe JA op elke Suid-Afrikaner se reisboekie. Vele restaurante en elkeen beskik oor sy eie uniekheid."
"Ontbyt geëet by Hoi-Poloi, uitstekend en deur talle kuns en oudhede winkels gestap en verwonder wat daar voorkom. "
"It was gladdening to see the streets have been repaired since the last time we were there. Interesting little shops and very friendly people."
"Ons geniet Parys elke keer as ons daar gaan kuier. Ons is mal daaroor om in al die pandjieswinkels rond te loop en bring elke keer 'n vrag oudhede terug huis toe."
"Daar is te veel om te sien in een dag. Indien ek raad kan gee, besoek die inligtingsentrum en beplan waarheen julle wil gaan. Was al verskeie kere in Parys maar het nou eers die Bessieplaas en O`s Restaurant ontdek wat wonderlik was. "
"Lekker wegkom, ontspannende dorpie. Jy kan bietjie van alles vergeet en die kunstige atmosfeer geniet en die natuurskoon inneem."
"Baie lekker gekuier in die dorp. Restaurante is fantasties en daar is baie om te sien in die antiekwinkels."
"Pragtige dorp, die strate kort bietjie aandag, maar ek sien party plekke word aan gewerk so dalk lyk dit beter volgende keer!"
"Oulike dorpie en Vaal de Grace Golf Estate is pragtig! Die paaie is net in 'n swak kondisie."