Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."
"A beautiful and special seaside small town for couple getaways and with lovely beaches! We will definitely come again!"
"Baie mooi en skoon. Veilig om daar te bly. Dit is die moeite werd om Paternoster te besoek. Vir die natuurlustige persoon is daar baie om te sien: voëls, robbe, insekte, klein wild."
"'n Fantastiese vakansiedorp met karakter en wonderlike mense. Verseker 'n moet op almal se lysie."
"Pragtige dorpie en beskik van alles wat jy benodig vir jou wegbreek. As daar iets op jou lys is wat tekort kom, is Vredenburg se prag inkopiesentrum 'n klipgooi ver."
"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
"Paternoster is 'n pragtige vissers-gemeenskap en vakansiedorpie met al sy witgewaste huisies en gekleurde hortjies. Daar is lieflike eetplekkies en winkeltjies, maar deurentyd ervaar jy die eenvoud van jou kindertydse kaalvoet vakansies sonder al die blink liggies. "
"Die Paternoster atmosfeer is aansteeklik en gemaklik. 'n Klein gemaklikheidswinkel soos 'n SPAR of Mini P&P sal baie help met daaglikse benodigdhede soos vars brood, melk, ys, ens."
"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
"Dis 'n lekker dorpie en die landskap is baie mooi. Weens die dwelmmisbruik daar, voel ek egter nie so veilig wanneer ek in die dorp en op die strand loop nie."
"The restaurants and food in Paternoster was awesome, special comment must go to Gaaitjie Restaurant where everything was superb."