Verified Reviews
Pearly Beach
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Pearly Beach
Rated 4.6 out of 5 based on 232 reviews.
"Ons kom hou al 9 jaar vakansie in Pearly Beach en besoek ook 2 of 3 keer gedurende die jaar. Ons is mal oor die plek. Whale Coast Brewery, die restaurant het die lekkerste atmosfeer, kos en eie bier, 'n moet om te gaan besoek. Skoon en netjiese strande, mooiste natuurskoon, strandwinkel met al die nodigste behoeftes. Naby Gansbaai as jy na 'n groot winkel toe wil gaan."
"Blouvlagstrand, baie stapgeleenthede beide kante van die strand. Fantastiese sonsondergange oor die see. Stil, selfs oor Desember, geen "buzz". Jy kan basiese kosbenodighede in Pearly Beach kry asook pizzas en vir ander goed moet jy Gansbaai toe ry."
"Die mooi wit strande en die feit dat dit relatief ongerep en nie 'n vertrapping is nie is beslis 'n aanbeveling."
"Lekker rustig, weg van die alledaagse gejaag en oorvol toestroming van mense. 'n Ware pêrel aan die suidpunt van ons land."
"Pearly Beach is 'n goeie bestemming vir dié wat opsoek is na 'n rustige vakansie, weg van die gedruis van die skare."
"Thank you for an unexpected jewel of a place. Loved the Saturday market, yummy homemade baked and sweet treats. We spoiled ourselves. Love the friendliness of the people, so polite. "
"Vir toerismebedryf sal dié werk as jy stilte soek. Daar is nie baie mense van so aard dat die strand vol is nie."
"Dis 'n baie oulike plek. Mooi strand met rotse op plekke en dan lekker stapstrande ook. Hou baie van die area en dat dit nie oorbou is met huise ens. nie."
"Good options to eat out. Although we visited on a cold weekend, there was sufficient activity to keep our young children busy."
"If you want a peaceful place to escape to then Pearly Beach it that place. Chat to the locals where the safest beach is for swimming as some sections are not suitable. If you're a fisherman, it's win win all the way. The local General Dealer at the resort stocks a wide range of groceries which is always fresh. No need to travel far. A very friendly and helpful town."
"Dit is 'n baie rustige, veilige en pragtige plek om te aanskou. Ek sal dit beslis weer in die toekoms besoek."
"Pearly Beach is koud in die winter en die weer is baie onvoorspelbaar, maar dis 'n lekker kuierplek."