Verified Reviews
Piketberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Piketberg
Rated 4.2 out of 5 based on 66 reviews.
"Moelik om Piketberg as n toeristebestemming te evalueer, aangesien ons 'n Saterdagmiddag daar aangekom het, en voor kerk die Sondagoggend weer vertrek het. Het een wynwinkel besoek en by 'n ander restaurant gaan eet, aangesien die Spur horribale musiek gespeel het en dit nie wou sagter sit nie. Die tweede restaurant het aan ons versoek voldoen en is behoorlik daarvoor vergoed. Die dorp se straatname kan duideliker aangebring word om dit meer toeriste-aantreklik te maak."
"Pragtige plek om in te oornag en die Swartland beter te leer ken. Dit lyk of mens respek kan hê vir die manier waarop die munisipaliteit die plek onderhou!"
"We could not find any shopping centres close by with shops like Clicks/DisChem nor PnP."
"An interesting spot and we recommend a visit up the mountain too! Very pretty up there."
"Vriendelike, gasvrye mense. Goed versorgde dorp. Ons is nie so oorval deur bedelaars soos in sommige klein dorpies nie."
"Daar is min doen-dinge, maar vir 'n rustige wegbreek van die besige stadslewe is dit ideaal. Piketberg is omring met die mooiste natuurskoon - en hierdie tyd van die jaar is dit besonders! (Einde Augustus en die lente wil-wil begin). Ek is wel aangenaam verras met my aankoms om te hoor dat Piketberg 'n "last Fridays" het op die laaste Vrydag van die maand wanneer van die winkels en eetplekke later oop bly en jy die dorpie sommer te voet kan verken en lekker kuier."
"Was my eerste besoek aan Piketberg, asook oornag en dit was verbasend oor die vriendlikheid van mense. Sal defnitief meer wil sien by my volgende besoek."
"The museum closed too early for us to see it as we were working till after 15:30. Maybe street names can be repainted so that we can see where we are going. The speed humps definitely need to be more highlighted."
"Die dorp is redelik sentraal geleë, in 'n area met heelwat te sien en te doen. Selfs die kus is nie baie ver nie (Velddrif, Elandsbaai, ens.) Daar is baie wynkelders in die omgewing, en ander kleiner, mooi dorpies soos Eendekuil, Porterville, Koringberg, Moorreesburg, Citrusdal, ens."