Verified Reviews
Plettenberg Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Plettenberg Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 943 reviews.
Keurboomstrand, Plettenberg Bay
Seagull View Cottages"Pragtige strand en omgewing. Ongerep en naby aan die natuur. Strand en swem-area kan gevaarlik wees as gevolg van dwarsstrome. Wees versigtig, veral met hoogwater. Wees ook op die uitkyk vir aktiwiteite in die water - voëls en vis. Die spesifieke naweek wat ons daar was, was daar 'n haaiaanval waar 'n 14-jarige seun beseer is. (Luister na die NSRI se waarskuwings.)"
"Plettenberg Bay is an awesome destination. It has a beautiful beach, peaceful countryside, and it'sextremely clean. We didn't see any broken down homes, shacks or trash laying around. People are friendly and helpful. We loved the shops, restaurants and markets. "
"We travelled the Garden Route. Plettenberg is nice but for us a bit too luxurious. We used the cottage specially to visit Tsitsikamma and that went great!"
Keurboomstrand, Plettenberg Bay
Bos en See"Daar is maar net een Keurboomstrand - ons gunstelingplek langs die Suid-Afrikaanse kus."
"Was seker in 2000 laas daar, maar sal mooi dink om 'n ander deel vir 'n seevakansie te kies in die toekoms, veral omdat ons die keuse het om buite skoolvakansie verlof te hou."
"Soveel om te doen in die area - van 'n wolfreservaat tot n apiewoud. Awesome verby!"
Keurboomstrand, Plettenberg Bay
Kozi @ Keurbooms"We love the beauty and relaxed atmosphere of Keurboomstrand. There is so much natural beauty in the area as well as outdoor activities such as rowing on the river, hiking and enjoying the beach."
"The Robberg hike is a beautiful scenic hike that is recommended. It is not for people with mobility issues and good shoes, sufficient water and protection against the sun are necessary gear."
"Plettenbergbaai en die omgewing is verskriklik mooi, maar ook duur. Wees maar bereid om ten minste R600 te betaal as jy iets wil doen of bywoon. Daar is allerhande goed om te doen: avontuur (bv. valskermsweef); dierekyk (olifante, jagluiperde, robbe) of net mooi strande geniet. Daar's beslis nie genoeg tyd om alles te doen nie! Pasop vir klein diewe, moenie waardevolle goed strand toe vat nie en sluit ook jou motor. Hulle het my wieldop gesteel, mens moet maar mooi kyk. Plettenbergbaai het al die winkels en goeie eetplekke. Die vis en kalamari by Central Beach is lekker vars. Loer ook gerus by Spar in vir heerlike kaaskoek!"
Keurboomstrand, Plettenberg Bay
Kozi @ Keurbooms"Pragtig, veilig en netjies. Dit was regtig baie lekker. "
"Daar is iets vir almal en die sportaktiwiteite en vermaak is eindeloos. Die restaurante en vinnige wegneemetes is ook baie goed. Robberg Spar en Mellville Spar is tops en dankie aan Piet (Pille) van Robberg Apteek wat altyd bereid was om te help - veral as die bloublasies gepla het, was hy reg met spuit en salf. Dankie Plettenbergbaai vir 'n ordelike en ordentelike Kersdag en Nuwejaar waar almal veilig was en gevoel het."
"Uitstekende vakansiebestemming! Baie om te doen vir aktiewe, avontuurlustige mense!"
"Baie lekker vakansiebestemming. Die spoedgrens van 40 km/h "bult af" na die hoofstand is dalk "bietjie erg" - kan verstaan, maar dink tog 50 sou meer realisties wees (hoop nie ek kry kaartjie deur pos nie!)."
"Bied geweldig baie, dis net baie besig in seisoentyd. Wye spektrum van aktiwiteite. As jy nie die area kan geniet nie sal jy nêrens tevrede wees nie!"