Verified Reviews
Port Owen
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Port Owen
Rated 4.5 out of 5 based on 254 reviews.
"Ons gaan baie na Port Owen toe. Ek dink dit is 'n wonderlike plek om weg te breek vir 'n naweek. 'n Mens kan regtig daar lekker rus en ontspan. Oor die algemeen is die mense daar ook baie vriendelik. My hele gesin hou van die plek."
"Indien die Weskus die juweel van Suid Afrika is, is Port Owen die ster in die kroon. Wonderlik. Altyd lekker op die Weskus."
"Stil en rustig teenaan Velddrif wat baie geriewe bied. Oulike koffiewinkel en "craftshop"."
"Daar gaan nie veel aan in Port Owen nie. Dis 'n plekkie waarheen jy gaan as jy wil wegkom van die gejaagde stadslewe af. Daar is egter baie strande waarnatoe jy kan ry. "
"It would've been nice if there was more things to do. We were disappointed that we could not see the salt making process, as Cerebos no longer do tours. I would also not recommend that you stay over on a Monday, as everything is closed on Mondays. "
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Port Owen is 'n vakansie dorp vir rustige mense, heerlik stap, fietsry en op die river canoe en as jy 'n boot het kan jy heerlik rond ry op die rivier en vandaar af visvang. Jy voel altyd veilig in Port Owen."
"Wat Port Owen so lekker maak is dat dit nie deur honderde dagbesoekers bestorm word soos ander plekkies in die Weskus nie."
"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."
"Die boottrip van Tollies was voorwaar 'n wenner. Baie vriendelike mense en vertel jou baie van Velddrif en Port Owen area. Die roei deur die Bergrivier was baie lekker. Dis baie skoon en netjies. Iets wat ek enige tyd weer sal doen."