Verified Reviews
Pretoria East
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Pretoria East
Rated 4.4 out of 5 based on 612 reviews.
"Baie oulik. Was so halfuur van Menlyn Mall en 10 min vanaf Woodlands Mall. Baie naby aan ander buurte, gastehuise en venues."
"Die Wilgers is 'n uitstekende keuse wat baie naby die hospitaal is. Naby die winkels, as jy iets moet koop. Lekker! "
"Lynnwood is baie sentraal geleë. Naby die universiteit en naby Menlyn en Brooklyn. Baie baie goeie ligging."
"Ons kom van 'n klein dorp so dis groot verandering om in die stad te wees, dis darem rustig waar ons gebly het maar baie verkeer in die hoof paaie. GPS is jou vriend. "
"Baie netjiese area, alle geriewe en winkels in nabye area. Kan met alle gemoedsrus aanbeveel."
"Die woongebied is fantasties en veilig. Dit is naby die nodige plekke soos the Grove Mall. "
"Pretoria-Oos bied waarskynlik nie soveel vir toeriste nie, maar dis uitstekend vir sakebelange, ens."
"Faerie Glen is close to all you may need for a comfortable stay, close to the hospital and a short drive from what Pretoria has to offer."
"Ons eerste keer in die Lynnwood omgewing, die paaie is in 'n baie goeie toestand ons het elke oomblik veilig gevoel, dis 'n pragtige boomryke omgewing, baie netjies en baie stil gedurende die nag."
"Newlands is 'n rustige omgewing en na aan die groot winkelsentrums, hospitaal en skole."
"Uiters geskik vir toegang tot die snelweg stelsel en alle stadsgeriewe, tog pragtig groen en stil."