Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1416 reviews.
"Jare gedreig om dit te besoek en het dit uiteindelik gedoen. Jy sal nie spyt wees nie. 'n Bucket list-ervaring!"
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"We always stay in Prince albert but this year its so lacking in quaint shops, friendly people etc - only vibe good food and friendly people was at the hotel - Feels like Prince Albert has passed its peak as a stopover."
"'n Pragtige klein dorpie met 'n betowering van sy eie waar jy 'n outydse Karoo-gasvryheid kan geniet. Probeer ook om op 'n Saterdag oor te bly om die Prins Albert Park Run te doen en 'n opvoering by "The Showroom" in te werk."
"Die mooiste dorpie met soveel om te sien. Die rustigheid is voelbaar en die huisies en omgewing is 'n bonus vir toeriste!"
"Een aand is te min, moet minstens twee aande oorbly, sodat jy Prins Albert behoorlik kan geniet."
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Mens moet langer daar wees om alles te verken! Pragtige dorp en omgewing. Probeer om dit te alle koste te behou."
"Regtig 'n juweel van die Karoo met die asemrowende Swartberge in die agtergrond. "
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"Ek het ses jaar gelede op Prins Albert verlief geraak en probeer om ten minste elke jaar daarheen te gaan. Wat 'n lieflike dorpie!"
"Lekker kuier dorpie. Baie om te doen en sien. Olyfplaas is 'n moet en ook Swartbergpas."
"The town is a gem, this is our third visit. We had the most delicious meal at Karoo Kombuis. "