Verified Reviews
Rhodes
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Rhodes
Rated 4.4 out of 5 based on 107 reviews.
"Pragtige dorpie met baie rondry paaie, naby aan Tiffendell vir sneeu speletjies in die winter. Lekker om rond te stap en te kyk na al die ou geboue."
"As jy weg wil kom van die besige lewe af en ontsnap na stilte en natuur, besoek gerus vir Rhodes."
"Daar kan `n winkel vir die noodsaaklike goedere geopen word veral vir besoekers wat langer as `n naweek daar vertoef."
"There is not much reason to go to Rhodes unless one has a specific purpose. The mountains are attractive and the passes are awesome. Be aware that there are no shops in Rhodes and that only a limited amount of petrol is available from a local resident - there is no filling station."
"Vat jou tyd! Dis bietjie uit die pad en neem nogals lank om daar uit te kom. So bestee ten minste 2 dae daar, sodat jy al die mooi en lekkerte kan inneem."
"Rhodes is 'n pragtige historiese dorpie wat verskeie besoeke waardig is. Ek glo 'n mens moet probeer om dit in elke seisoen te ervaar."
"Dit is 'n ware ontsnapping uit die stadsgewoel en 'n pragtige plek tussen die berge."
"Moenie dat Rhodes se afgesonderheid jou afskrik nie en moenie vir die winter wag nie! Pak jou tas en kosmandjie in en geniet 'n wegbreeknaweek, week of twee in die pragtige dorpie en asemrowende omgewing. Mens het nie noodwending 'n 4x4-voertuig nodig nie - die paaie van Elliot en Barkly-Oos is goed onderhou en ons het met ons gewone motor sonder enige probleem Rhodes bereik. Rhodes in die somer is pragtig. "
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Ideaal vir natuurliefhebbers met staproetes en bergpasse vir 4x4 en motorfiets entoesiaste. Besoek die kunsplekke en kwekery om meer van Rhodes se gasvryheid te ervaar."
"Baie jammer die hotel is toe, maar die ander mense wat ons daar ontmoet het, was baie aangenaam! "
"Tifindale definitief 'n plek om te besoek in die Winter. Jou ryding moet net reg wees!"
"Baie bekommerd oor diefstal. Ons het die inbraak by die polisie aangemeld, maar het geen ondersteuning gekry nie. Behalwe vir dit is Rhodes 'n pragtige plek."
"Ons sal graag weer hier aangaan. Dis 'n ompad, maar ons hou van "off the beaten track". Enigste probleem: mens moet voor 16:00 by restaurant bespreek, wat in so 'n klein dorp eintlik te verstane is!"
"Rhodes moet deel vorm van elkeen se bucketlist! Rubicon se restuarant en gasvryheid, toeka restaurant en craft beer is 'n moet vir almal! Definitief weer deel wees van ons vakansieplanne! "