Verified Reviews
Richmond
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Richmond
Rated 3.8 out of 5 based on 397 reviews.
"Eerste keer wat ons daar was. Wonderlike ervaring. Gaan beslis weer daar stop."
"Richmond is maar ‘n baie klein dorpie, maar die restaurantjie - Vetmuis Plaaskombuis sou ek beslis aanbeveel. Hulle kos is baie lekker en die gemmerbier verfrissend. Daar is mooi snuisterye te koop. Ook konfyte ens. Die meeste plekke was al toe, want ons was eers omtrent 17:00 klaar en is toe reguit uit plaas toe. Ons het ook nie die volgende dag rondgery nie, want ons het vroeg vertrek. Ek het wel gesien daar is ‘n Spar, waar mens benodighede sou kon aanskaf."
"Richmond is 'n baie rustige lekker plek, ideaal vir mense wat wil wegbreek vanaf die besige stadslewe."
"Jammer die museum was gesluit heelwat mense het omgedraai by die toe veiligheidshek. Omdat Richmond so diep in my gene lê sal ek weer daar aandoen."
"Wonderlikste en interessantste museum met sy eie antieke versamelings van die filmindustrie, ens."
"A beautifully situated village but unfortunately rather dilapidated in parts and surroundings polluted with plastics and other refuse."
"Hang uit die aard van die saak af van wat mens soek: as jou fokus die Karoo is, is Richmond 'n goeie keuse."
"Lovely art and Design destination - a good Gauteng to Western Cape stopover option."
"Baie ou en vervalle geboue asof tyd stilgestaan het met baie min infrastruktuur, baie interessante plekke ek graag sou wou van nader besoek, maar alles was onder slot en grendel as gevolg van vandalisme."
"Wonderlike boekdorpie. Ons het eintlik net deurgereis, maar kon die laatmiddag deur die dorpie stap. Sal vir seker weer daar wil stop vir langer."
"Richmond is baie interessant, spesifiek die dorpsmuseum. Die MAPSA-uitstalling ─ moet dit nie misloop nie. "
"MAP studio baie interessant. Gert Vlok Nel het selfs kom kuier by Stoepstories. Nee wat, in Richmond gebeur dinge."
"Ons bly graag daar oor. Dis gerieflike amper halfpad bestemming na ons eindpunt toe."
"Friendly little town with a super little restaurant Die Vet Muis worth stopping just to try their lamb pie. "