Verified Reviews
Riemvasmaak Region
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Riemvasmaak Region
Rated 4.3 out of 5 based on 411 reviews.
"Paaie is in benarde toestand. Nie veel winkels soos Pick n Pay nie, tog kan jy als by ander kry. Infrastruktuur is swak, mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Goed geleë om area te kan verken asook Augrabies Valle. Dorp het alles wat jy kan nodig kry om te kan aankoop."
"Ons het Kakamas baie geniet. Daar is baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Ek dink nie daar is te veel om te doen nie, maar Kakamas is 'n gerieflike plek om oor te slaap as mens via Springbok ry op pad Kaap toe of terug. Ons het baie lekker geëet by oulike restaurantjie Café Ziba."
"Kakamas is 'n klein dorpie, maar 'n groot juweel. Naby genoeg om te ry na interessante dinge in die omgewing."
"Dit is heerlik om in die oestyd in Keimoes die rosyne te sien en die mense se gasvryheid te beleef."
"Keimoes is 'n baie oulike, klein dorpie. Verkies dit bo byvoorbeeld Upington, of selfs Kakamas. Dit kort net 'n oulike kroeg of restaurantjie waar jy op die stoep kan sit en uitkyk oor die landskap, terwyl jy sundowners drink. Love Keimoes."
"Aandete by De Werf restaurant was uitstekend, die lamskerrie was goed voorberei en aangebied. Die ligging is goed en die atmosfeer baie rustig. Word aanbeveel."
"Keimoes is 'n pragtige plek met die Oranjerivier en al die boerdery-bedrywighede wat daar plaasvind. "
"Daar is heelwat te sien in die omgewing, veral as jy bereid is om die grondpaaie te ry. Die dorp se paaie is in baie swak toestand. Daar is egter 'n lekker groot Spar en paar eetplekke. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en gesels graag."
"Lekker naby die Augrabiesvalle en ons het 'n bietjie wyn gaan proe. Mooi groot dorp."
"Baie oulike plattelandse dorp maar daar is ook maar soveel slaggate in die dorp se paaie soos op ander plattelandse dorpe."