Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Dis nie regtig n swem strand nie, maar ons het in die winter gegaan so die kleintjies het nie van die swembad by kompleks gebruik gemaak nie en die rotse was bietjie gevaarlik."
"I used to visit Margate on a regular in the earlier years (16 years running) and I will now rather move to the North Coast for a holiday. Shops and Margate as a whole have deteriorated dramatically. "
"Ons familie hou al vir 7 jaar vakansie in die Ramsgate omgewing en Ramsgate se Blue Lagoon Beach is elke keer ons strand van keuse. Dis skoon, gerieflik en ontspannend, sekuriteit is tops asook polisie wat gereeld patrolleer, lieflike uitstallings, karwagte, wegneem etes - die Cheese Burger is "to die for" met die restaurant en cocktail deck wat die lekkerste kos en cocktails bedien met goeie gasvryheid en 'n warm vriendelike vibe! Lieflike skoon strand met wandel paadjies na woonstelle, braai areas asook die immer gewilde Waffle House! "
"Was bietjie teleurgesteld in die lewensredders wat niemand dieper as enkeldiepte in die see wou toelaat nie, moes heeldag na hul fluitjies luister."
"Bekommerd oor die agteruitgang van winkels en infrastruktuur. Is hierdie voorheen pragtige, vibrant vakansiedorp besig om 'n stadige dood te sterf? Gelukkig is Shelley ens. naby genoeg."
"Pennington is 'n baie rustige dorpie. Dit mag dalk te rustig wees vir sommige mense, maar ons het dit geniet. Scottburgh is net 'n klipgooi ver vir mense wat meer dinge soek. Pennington se strand is pragtig. Ek sou net nie sê dis 'n swemstrand nie. Maar die strand is ook nie oorvol nie. "
"It is fine for our family when we have family events like we did this time at Mthwalume, Qoloqolo Tribal Authority. Otherwise, Club Marina is in the middle of nowhere."
"Groepe mense wat sit en drink en dans en in die lagoon urineer. As mamma wat met haar kinderd op die strand gaan stap, voel jy onveilig om verby hulle te stap terug huis toe."
"Margate Beach is skoon en netjies. Daar is alles wat jy nodig het om jou vakansie te geniet en uitgerus terug te keer huistoe."
"Alles wat ons nodig gehad het was daar. Sal baie beslis weer bespreek in daardie omgewing."
"Manaba strand word netjies onderhou. Mr Naidoo is vroeg oggend daar met die lewensredders en maak die gebied skoon en hark. Lilliecrona-boulevard is 'n awesome straat ook. Lekker vir stap, draf of fietsry."