Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Dis 'n heerlike strand en dis stil en rustig, nie woelig en besig soos bekende strande rondom Warner Beach nie. Skoon en netjies."
"Dit is bietjie rustiger met ligter verkeer as ander strandbestemmings nader aan Durban, tog met vele goeie restaurante en geleenthede vir ontspanning in die omgewing soos perdry op die strand, vlinderplaas, orgidieë telery, en ander."
"Altyd lekker en ideale strand vir klein kinders. Alle nodige winkels ens. is naby en gerieflik. Dankie tog vir die wasserydienste in Uvongo - dis al die tweede vakansie wat ons wasgoed heerlik skoon gewas en gevou was. "
"Shelly Beach is an excellent place to be when away from home, because it has everything you need."
"Pennington is 'n lekker stil plekkie, moes ry vir winkelsentrums, strand is baie lekker, rustig en skoon."
"Sea Park is 'n baie rustige area, bietjie ver van strande maar anders puik as jy net wil ontspan."
"Uvongo is still a lovely destination, clean and not too over-crowded. Close to accommodation, shops etc."
"Trafalgar is lovely. Excellent small swimming beach which is a Blue Flag beach. Very nice for swimming. My two kids loved it. Not too busy either which was nice."
"Restaurants must be more accommodating with regards to opening times. Bookings and prices are hiked up for travelers over festive season which is unfair. "
"Die dag na Nuwejaar was die strand klaar weer skoon en netjies, want elkeen het sy eie gemors mooi netjies opgeruim en dit in die asblikke gegooi, of dit ten minste saamgebondel by die asblikke (wat wel toe nou oorvol was, maar die goed het nie die wêreld vol gelê nie)."
"Uvongo is 'n ideale vakansiebestemming - baie sentraal geleë tussen die grootste winkelsentrums / gholfbane. Die area het 'n baie veilige strand met seeredders gedurende die piek seisoen. Lagoon fasiliteite ook beskibaar. Parkrun bestaan in die area en vind elke Saterdag plaas - goed georganiseer. "
"'n Rare ongerepte strand - hoop dit bly so bewaar vir die hengelaars en die kleuters wat in die poeletjies baljaar!"
"Vermy die Hoof Strand gebied die 1ste Januarie en as die tydperk op 'n naweek val soos in ons geval vermy dit die hele naweek. Daar is geen parkering of winkels oop naby die strand op die 1ste Januarie nie. As julle enige iets wil he die Kwikspar naby Malibu Kompleks is regtig 'n oulike winkel met take-aways en lekker gebakte soetgoed."
"Margate was nog altyd 'n lekker plek om vakansie te hou, net jammer van die busse vol vreemdelinge wat gedurig daar afgelaai word om die strande te beset."