Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4895 reviews.
"Hibberdene se strand was lekker rustig en skoon terwyl ons daar was. Die winkels is wel 'n probleem, want daar is amper nooit parkeerplek nie, maar anders as dit was alles goed en wel."
"Die strand is skoon en goed bestuur. Die swemstrand is baie naby die huis."
"Hibberdene strand is 'n baie lekker swemstrand met lewensredders. SuperSpar en PicknPay winkelsentrum alles bymekaar."
"Major water issues in the area from the municipality side. One might be without tap water for days on end. Beach toilets are locked when the water supply is off. Hibberdene town has all the basic shops one needs to get supplies, meds, drinks, gasoline and food. Beach lifesavers weren't always visible on the beach to watch swimmers as the lifeguard house had some partying, drinking alcohol the whole Friday with the locals. Beaches weren't always clean as there was a lot of rubbish washing out and laying around on the beach. The best shells collecting we had so far I must say and swimming was great"
"Alhoewel dit nog 'n baie mooi strand is, is die omliggende area maar verwaarloos. Ongelukkig!"
"Area word gedek deur Checkers 60 sixty wat vir my pluspunt was. Eerste keer wat ons hier gebly het en ook net vir 2 nagte."
"Daar was net baie mense wat met 'n maag-ding gesukkel het nadat ons in die see geswem het. Ek dink daar kom baie vuil water by die lagoon in. Daardie water van die lagoon het ook 'n onaangename reuk. Daar was selfs 'n Gr. 7-rugbytoer wat die toer moes kortknip oor al die kinders siek geword het met hul maag net nadat hulle geswem het. Maar dit is 'n baie lekker strand en nie te oorvol nie."
"Veilige, rustig, baie skoon, dierevriendelike vakansiedorp vir familie en vriende. Jonk en oud."
"Lieflike, rustige klein plekkie, winkelsentrums is nabygeleë en strandgebied ook naby. Die see was ongelukkig baie vuil as gevolg van die riviere wat afgekom het."
"Nie veel om te doen vir jongmense nie. Baie plekke toe a.g.v. onluste en Covid."
"Wonderlike plek vir families, ons was verbaas oor hoe skoon die area was, regtig netjies en veilig."
"Uitstekende besienswaardighede in die omtrek. Bootritte van Shelly-strand af. Oor die algemeen net uitstekend."
"Goeie gebied om te rus. Daar is nie regtig veel om die kinders mee besig te hou nie. Enigste restaurant wat daar op die strand is, was amper vir die hele week toe wat ons daar was a.g.v. 'n brand, het 'n dag voor ons vertrek het eers oopgemaak. Geen water in die hele omgewing nie, sou verkies het om dit voor die tyd te geweet het, geen water maak dit baie moeilik, veral met klein kinders saam. Indien dit nie vir die waterkrisis was nie, sou ek dit beslis aanbeveel."