Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Maak asb. seker voordat jy gaan swem of dit veiling is en die water skoon is. Anders, vind uit waar die "blue flag" strande naby is."
"The Southcoast is not as busy as the Northcoast and really gives you the peace you need to switch off from busy life. Shops and restaurants are not always in close vicinity and can get a bit crowded as a result of less choice to travellers."
"Ou kusdorp. Genoegsame winkels ens. Kan doen met 'n behoorlikke, middelmarkkroeg en restaurant. Sal nie snags alleen op straat loop nie, maar voel tog veillig, sekuriteit en gemeenskapspatrolering in ag geneem."
"Ten spyte van die besoedeling agv die lagoon en die rivier was die area en dorp ook skoon gewees. Daar was genoeg ander strande om Uvongo om by te gaan ontspan."
"Pennington was ek baie verbaas mee. Dit is veilig en rustig, net min om te doen vir kleiner kinders, maar die strand is veilig."
"Sentraal geleë tussen gewilde strande en naby aan Wild Coast Sun vir reëndae."
"Net jammer oor die e-coli in die hoofstrand se water wat ons hele gesin siek gemaak het. Manaba strand was 'n beter swemstrand."
"Uitstekende swemstrand en toereikende besighede vir noodsaaklikste benodigdhede."
"Alles bietjie uit mekaar verspreid teen die kus af, en als is dig met plante so vat rukkie om omgewing te leer ken."
"Nie vir reisigers wat van 'n besige vakansie-vibe hou nie. Geen entertainment en restaurante nie. Lieflike strand."