Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Uvongo is 'n baie lekker plek om te gaan vakansie hou, jy moet net kyk waar jy bespreek sodat jy nie jou geld in die water gooi nie."
"Hibberdene is ook lekker klein en alle aktiwiteite is binne loopafstand. Die kinders het ook die waterwurm terdeë geniet. Die visvang kon beter. Soos gewoonlik het ek niks gevang nie, maar dis nie uniek aan Rockview nie. Ek blameer dit maar op my beperkte ervaring. "
"Dit was die beste plek gewees. Relaxing en beste see-uitsig. Het dit baie gelove. Dankie."
Margate North Beach, South Coast
St Tropez"Margate North Beach was ook 'n lekker strand, ons gesin het lekker geswem."
"There is such a lovely community at Sea Park. The beaches are the best along the Natal coastline!"
"Uvongo is 'n baie lekker plek alles is naby, die strand is skoon en daar is ook 'n swembad vir kinders by strand."
"6th year now holiday at Ramsgate and every year we come back. Nice beaches creating lovely memories."
"Klein, maar lekker. Die strand was net so lekker gewees, nie baie groot nie, maar aangenaam. "
"Veilig, mense kan dalk bietjie vriendeliker wees. Ek dink iemand kan 'n besigheid begin waar hulle iets soos scooters of gholfkarretjies uithuur, om rond te ry in Leisure Bay-area. Ook kort daar 'n strandwinkeltjie, alhoewel daar 'n winkeltjie is, is dit 'n ent se stap, baie opdraande. Maar fantastiese plek."
"Die getyepoel by Warner se strand is wonderlik vir klein kindertjies. Ons het 3 dae goor weer gehad. Het nie geweet dat die Kaap se stormwinde van tyd tot tyd Natal toe kom nie. "
"Lief vir Uvongo, maar die strand en geriewe het baie agteruit gegaan die laaste paar jaar wat baie hartseer is."
"Pennington is 'n rustige dorpie. Half weggesteek van al die gejaag. Dis groen en bebos en skep 'n rustige atmosfeer. Naby genoeg aan ander strande om te ry en plekke te besoek. "
"Die taxi's maak 'n klomp lawaai oor die naweke in die parkeerareas en voor die woonstelle en daar word sommer openlik op die strande alkohol gebruik."
"'n Pragtige, skoon strand met skoon geriewe! 'n Moet vir enige see-liefhebber."
Margate North Beach, South Coast
Ithaca 18"On the day we took a walk along the beach, there was a nice crowd minding their own business. Lovely."
"I like Manaba, it's a good place , pleasant environment with cool sea breeze, it's indeed a good travel destination."
"Persoonlik verkies ek 'n kleiner strand, soos Manaba in plaas van Margate etc. Ek dink die verkeer in die hoofstraat kan ongelooflik besig wees gedurende piektye. "