Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Uvongo is sentraal geleë en daar is baie om te doen in die area asook omliggende areas."
Margate North Beach, South Coast
Anguna Holiday Flats"Dis 'n heerlike strand. Die omgewing is skoon en netjies. Daar is skoon geriewe asook 'n kiosk wat iets van alles bevat. "
"Die dorp is nice, maar die strand nie die kleiner strande is minder mense en beweeg ruimte."
"Dit is skoon en nie te besig nie. Jy is steeds tussen mense maar daar is genoeg spasie. Niemand vertrap mekaar nie. Daar is toesig oor die hele strand en daar word mense na jou gestuur vir veiligheidsredes indien die see te rof is die dag om jou te waarsku in die minder besige dele."
"Moet beslis meer hê om te doen, toilette nie op standaard. Geen plek om sand af te spoel nie en geen ligte op strand in die aand. "
"Restaurante out dated en water was 'n probleem. Moes terugry Homestead toe om 'n toilet te gebruik."
"Uitstekende strande en veilige parkering met wagte orals. Kan ver stap en die omgewing bied baie om te doen. "
"Dis 'n baie mooi plek en dis baie rustig daar. En jy is ook lekker naby aan alles. Jy is ook naby aan al die ander plekkies. Buccaneers is een van die beste eet plekke ooit en hulle diens is uitstekend. Die kos en vibe ook."
"Swemstrand nie baie gemaklik om in te swem, word te gou diep vir al vir kinders."
"Doonside self het nie baie om te doen nie, maar alle fasiliteite is naby genoeg. Doonside se strand is wel baie skoon en netjies. Veilig gevoel met my gesin op die strand."
"Umtentweni is 'n pragtige omgewing binne ry afstand van strande ens. Ongelukkig is die paaie in 'n baie swak toestand."
"Leisure Bay is fantasties en ek beveel almal aan om by T.O Strand 'n draai te maak wat ek 'n 10 ster sal gee."
"Strand is pragtig en goed in stand gehou. Dis net 'n plesier om daarheen te gaan as jy wil gaan ontspan! Blue Lagoon cocktail bar en restaurant en waffle house als reg by die strand! Heerlik!"