Verified Reviews
St Helena Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in St Helena Bay
Rated 4.5 out of 5 based on 1165 reviews.
"Niks verkeerd met St Helenabaai nie. Daar's nie baie om te doen nie."
"Pragtige dorp, was baie beïndruk met ons eerste besoek aan St. Helenabaai. Het die Weskus baie geniet en wil vir seker volgende jaar baie graag weer teruggaan."
"Not much to do in the area. Had to go to Langebaan to do something and go to a restaurant."
"Die strande is nie heeltemal so mooi soos Paternoster nie, maar dit het sy eie bekoring. Baie min restaurante. Maar nogsteeds 'n besonderse plek."
"Nie veel om te doen as jy nie die see as trekpleister gebruik nie. Dit is egter hoekom mense daarheen gaan en dan kan jy jou gate uit geniet."
"St. Helenabaai moet mens met 'n stadige pas benader. Dit is 'n stil plek met vriendelike mense. Hier word jy geforseer om te rus."
"There is no other place with as many beautiful people as St. Helena Bay. Living there or visiting is worth every second. A true West Coast treasure like no other."
"Dis 'n pragtige dorpie met baie vriendelike mense en ek het nog nie beter vis en tjips geëet as dié op die kaai daar nie!"
"Alhoewel die natuur in St. Helenabaai nie teleurstel nie, is daar nie 'n groot verskeidenheid winkels en restaurante nie. Paternoster het meer van 'n verskeidenheid en is darem redelik naby."
"The owner, Natasha, very friendly and helpful. Nice West Coast town. Good fishing destination (snoek)."
"Ek is van die Weskus en St Helenabaai sal altyd een van my gunsteling bestemmings bly. As jy 'n wegbreek soek van die stadslewe is St Helenabaai 'n goeie opsie. Die mense is vriendelik en daar is baie akkommodasie waar jy kan ontspan of jy kan ook net gaan vir 'n dag by die see. Die strand is glad nie vol nie."
"Overall it is a worthy place to visit, a nice beach with safety, dolphins and great views. The one missing thing is a few more restaurants that are very-excellent category. Take cues from Paternoster."
"Almal laat jou welkom voel en asof jy al jare inwoners daar is. Die gemeenskap is ongelooflik. "
"Daar is winkels om kosvoorraad aan te koop en 'n heerlike seekosrestaurant, Alegria."
"Dit was baie mistig met aankoms en die volgende oggend, so ons ko nnie die omgewing lekker sien nie."