Verified Reviews
St Lucia Estuary
All reviews have been left by TravelGround customers staying in St Lucia Estuary
Rated 4.6 out of 5 based on 853 reviews.
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."
"St Lucia self is 'n pragdorp met baie om te doen. Daar is baie verskillende plekke wat jy kan besoek en verskillende wild en boottoere waarop jy kan gaan. Ons toergidse was baie goed ingelig en kan jou die beste gee."
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."
"As die meer se mond oop en in verbinding met die see is kan dit baie meer vakansiegangers lok. Ongelukkig is dit die werking van die natuur wat die tonne sand voor die estuary se monding neergelaat het, maar ons hoop en vertrou dat die uitwerking van die Umfolozi (as dit reën) 'n permanente oop riviermonding tot gevolg kan he."
"St Lucia is 'n pragtige kusdorpie, maar die swak dienslewering van die stadsraad is 'n probleem."
"'n Baie mooi dorpie geleë tussen oerwoud en see in 'n beskermde wildernis, waar mens waarlik rustigheid vind en sommer lekker kan ontspan en uitrus!"