Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 1024 reviews.
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Black Horse Suites"Beeldskone dorp, met baie om te doen in sentraal en omliggende dele."
"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."
"Stellenbosch and surrounding area offers so much to do, that there is never enough time, but one can always go back for another visit."
"Vriende van my was die Vrydagaand so byna gekap by Klapmuts as hulle nie oplettend was nie so dis 'n bietjie sleg!"
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Rivierbos Guest House"Nee, wens net Johannesburg kan bietjie raad kry by Stellenbosch. Ek was stom geslaan oor dat die verkeer stop vir voetgangers - so lekker en ook baie mooi skoon!"
Stellenbosch Central, Stellenbosch
The Stellenbosch Hotel"Dit was mooi om die aand in die strate te loop. Ongelukkig kon ek na-ure nie 'n "kafee" vind om iets te koop nie."
"Stellenbosch is hemel op aarde. Dit het die mooiste berge en daar is soveel om te doen. Mens kan nie verveeld raak nie. Die plek stimuleer jou kreatiewe kant en sal graag eendag daar wil woon."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Snags is dit nogal rumoerig en die karre raas ... maar dan oorskadu die parkeer en stap gerief die rumoer."
"Daar is nie vreeslik baie vir 'n toeris om te doen nie. Maar om die wandelpaadjies en atmosfeer van studentelewe te kon beleef was lekker."
"Rustig en asemrowende mooi area. Tog naby al die fasiliteite wat nodig is. "
"Alhoewel dit 'n entjie uit die middedorp is, sal ek dit steeds aanbeveel. Dis 'n "wegbreek" uit die besige studentelewe en 'n baie rustige en stil omgewing. "
"Omgewing is baie mooi en daar is heelwat om te kan sien. Dis ook nie ver van Kaapstad af."
"Nie regtig tyd gehad om Klapmuts te verken nie, maar was darem by butterfly world gewees wat regtig baie mooi was."
"Groen, netjiese omgewing. Voel weg uit die stadsgedruis. Beslis ideaal om te ontspan. "
"Die parkering in die dorp is 'n groot frustrasie! Bly een van die mooiste dorpe in die land en die jongmense gee dit 'n loslit atmosfeer."