Verified Reviews
Struisbaai
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Struisbaai
Rated 4.7 out of 5 based on 962 reviews.
"Die restaurant op die stand se combo vis, chips en calamari is 'n wenner. Dis waarde vir geld en teen R140 kan 2 mense regtig heerlik smul. Well done vir Sea Shack! Vriendelike mense!"
"Pragtige skoon strand en lekker vis geëet by die Sea Shack. Lekkerste draairoomys daarna, al was ons dik geëet."
"Restaurante in Struisbaai maak baie vroeg toe in die aande en dit is tot hulle eie nadeel."
"Dis stil en rusting en ek hoop dit bly so, want dis juis wat Struisbaai so 'n lekker bestemming maak."
"Ja, dit was my eerste besoek aan Struisbaai en die hartlikheid van die mense het my getref. Dit was baie koud tydens ons besoek daar, maar die warm harte het ons gou van die koue laat vergeet. Pragtige skoon, plattelandse dorp en gemeenskap. Hoop ons sien julle weer."
"Rustige, ontspanne vakansiedorpie. Ons het egter gesukkel om 'n oop restaurant te kry om iets te drink en te eet (gewone werksure). "
"Dit was ons eerste keer in Struisbaai. Mooi en veilige omgewing. Wind kan seker bietjie sterk waai op tye maar dis voorwaar 'n rustige plek. Lekker gebly en geslaap."