Verified Reviews
Sunshine Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sunshine Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 4765 reviews.
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Aloe Manna Self Catering Guest House"Summerstrand is ons geliefkoosde voorstad om te bly met vakansie. Kan lekker langs die see gaan stap."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Alcyone"Ons het meestal net in Summerstrand gebly. Die deel teen die see is veilig, skoon en netjies. Ek het soggens alleen daar gestap en het nooit onveilig gevoel. Hartseer dat die stad in sulke waternood moet oorleef. Het gewonder of ontsouting van oseaan water soos in Kaapstad moontlik verligting kan bied."
"Ai, mens kan sien daar gaan nie veel aan in die munisipale kant nie. Die paaie kort dringend aandag."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Oppie Vallei"Alles is naby. Lieflike strande en min verkeer. Goeie winkels, restaurante en natuurskoon."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
The Palace Guest House"Vriendelike stad met vriendelike, gawe mense."
Bushman's River Mouth, Sunshine Coast
Slipway SC"Bushmans is a lovely, laid-back community with fishing and boating facilities."
"Kan nie beter nie, pas my soos 'n handskoen. Ek is baie gelukkig daar. Sal geen ander plek bo dit verkies nie."
"Jongmense wat surf geniet die omgewing en daar is genoeg vir hulle om hulself mee te vermaak. Die eetplekke is genoeg en billik geprys. Die paaie gaan agteruit, maar oral is mense besig om hul huise te verbeter en diens is vinnig en die mense is vriendelik."
Makhanda (Grahamstown), Sunshine Coast
African Safari Lodge"Nee, sal niks verkeerd kan sê nie, behalwe dat hul moet begin aandag gee aan hulle paaie, en ordentlike garages langs N2 daar, soos Engen of 'n Shell, verder bly dit soos ek daar groot geword het."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Serendipity Selfsorg"As 'n ou Despatcher is ek teleurgrsteld oor die agteruitgang en haglike toestand van PE en omliggende dorpe. Alles in uiters swak toestand, paaie vol slaggate, verkeersligte buite werking, paaie gebrand en werklikwaar 'n seer oog om te aanskou. Die eens pragtige PE en omliggende dorpe het regtigwaar 'n finansiële inspuiting en Goddelike ingryping nodig om te floreer."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
The Olde House"It is a good place with lots of activities and places to see."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
At Sta-Plus Guest House"Summerstrand area was neat and seemed well maintained."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Road Lodge Port Elizabeth Airport"Het alles wat jou hart begeer."
"Dit was ons eerste keer dat ons St Francis besoek het en ons is baie verras deur die mooi dorp met sy waterkanale en rustige ligging."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Wavecrest Apartment 5"Port Elizabeth is 'n perfekte toeristebestemming. Kilometers om langs die see te stap, draf of fiets te ry en strande om te swem (water is nie so koud soos in die Kaap nie en branders nie so erg soos in Natal nie). Natuurparke (van ongerepte duine, inheemse bosse tot renosters) en pikkewynsentrum. Duisend en een koffiewinkels en restaurante om van te kies. En baie vriendelike mense!"
"St. Francis is propvol dinge om te doen met asemrowende natuur- en see-uitsigte. Sal enige tyd weer teruggaan."