Verified Reviews
Sunshine Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sunshine Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 4765 reviews.
"Baie lekker vir as jy net op die strand wil lê en wees. Ons was bietjie teleurgesteld dat ons nêrens vars vis kon koop nie en het toe die supermark se gevriesde viskosse aangepak. Die dorpie het ook nie baie toerisvriendelik voorgekom nie. Ons het selfs gesukkel om 'n sambreel vir die strand op te spoor. Maar dis die rustigheid vanself op die strande. Baie mooi ook."
"The SAPS were friendly and helpful and managed to locate our bankcards, but we lost laptops, cell phones and cash."
Makhanda (Grahamstown), Sunshine Coast
Antique Silk Self-catering Unit"Nog nooit so baie 'potholes' in my lewe gesien nie. Baie gevaarlik om in Grahamstad te ry. Mens se voertuig kan baie skade opdoen weens die vervalle paaie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Over The Edge Cottage"The best and most beautiful spots lie a little out of town. Addo Elephant Reserve and Cape Recief Reserve are a must. Beware theft from cars on main beach fronts."
"Was jare terug daar. Wat 'n seën. Wonderlike gemeenskap. Kom vir seker terug. Dis skoon, veilig en 'n fees."
"Klomp winkeltjies om te besoek en die Waterpark was pret. Mooiste skulpe op die strand."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
84 on Himeville"Dit is 'n onbekende juweel van 'n plek. Voor ons gekom het, het ons skaars geweet die plek bestaan. Hierdie area het baie mooi strande as mens bereid is om in die omgewing rond te ry. Veral Sardiniabaai was uiters ongelooklflik. Hierdie gaan nou ons nuwe vakansieplek word. Sal dit baie sterk aanbeveel."
"Oor die algemeen was alles baie lekker in Jeffreysbaai. Die strand is uiters lekker om te stap en ons het veilig gevoel, maar die bedelaars het ons gek gehad, veral waar die eetplekke is. Hulle kyk die kos uit jou mond uit. En hulle is jonk. Ek dink as die munisipaliteit hulle onder hande kan neem en vir hulle neon bibs gee en bietjie oplei, dan kan hulle die karre help om uit parkerings te kom in die hoofstraat. Dit was nogal 'n missie."
"Die area is pragtig en daar is baie voëllewe. Maar die dorpe en infrastruktuur is verwaarloos en primitief."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Paradise in the City"Altyd lekker in PE was laas 7 jaar in die area maar dit is nie lekker om te sien hoe die stad agter uitgaan nie."
Gqeberha (Port Elizabeth), Sunshine Coast
Valley Guest House"Goede uitvalbasis...mooie musea...strand...brouwerij..pinguins..restaurants."