Verified Reviews
Swakopmund
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Swakopmund
Rated 4.8 out of 5 based on 177 reviews.
"Ons wil dit gou weer besoek om die familie te gaan wys en om self weer die wonderlike vakansiebestemming te kan geniet.14 Dae het absoluut te vinnig omgevlieg."
"Vineta is sentraal geleë in Swakopmund, naby alles wat 'n toeris of sakereisiger nodig het, maar stil en rustig."
"Pragtige geboue, rustige atmosfeer, mooiste uitsig van balkonne af."
"Dit is 'n pragtige gedeelte van Swakopmund en jy kan orals ry nie te ver van enige aktiwiteite af nie. Ek sal daar bly."
"Iets van die atmosfeer van weleer bly behoue in Swakopmund. Puik boekwinkels en heerlike ete. Boewe het wel die venster van ons vriende se motor oopgebreek."
"Ons het nog altyd verkies om in Vineta te bly. Dis baie rustiger as in die res van Swakop en tog naby aan alles."
"Lieflike dorp met baie besienswaardighede en lieflike winkels. Die mense is vriendelik en hulpvaardig."
"Swakop is 'n dorp wat aan vele smake en behoeftes van toeriste voldoen."
"Het die inwoners oor die algemeen as vriendelik ervaar. Meer as genoeg toeriste attraksies. Eetplekke was ook tops."
"Het in die Hansa Hotel gaan oorslaap wat baie gerieflik was. Swakopmund is 'n great plek."
"Swakopmund is 'n vakansie dorp met baie om te doen en baie lekker eetplekke."
"Toe ons daar was, was daar vloede en Swakopmund is nie gewoond om enige reën te kry nie. So dit het baie krag onderbrekings veroorsaak en modder wat die strate vol was. Dit is 'n pragtige bestemming met baie mooi besienswaardighede. Die mense is ook vriendelik. "
"Oor die algemeen - by die winkelkies was mense baie vriendelik en behulpsaam met 'n glimlag, die dorp het netjiese en skoon voorkoms, sal dit aanbeveel vir mense wat die eerste keer Namibië toe gaan. Ons het nou wel nie 'n vis gevang nie, maar ons het die reën in die woestyn gevang en lekker "suntan". Kos is wel baie duur so maak seker jou beursie is goed gepak vir die trippie. "