Verified Reviews
Swartland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Swartland
Rated 4.4 out of 5 based on 386 reviews.
"Dit is beslis die beste bewaarde geheim in die Wes-Kaap. Dankie tog ons het dit ontdek. Ons sal beslis weer terugkeer na Church Hills en Riebeek Wes/Kasteel. Ek kan verstaan waarom kunstenaars dol is oor hierdie stukkie aarde. Selfs in hierdie droogte waarin ons gewikkel is, is dit 'n stukkie hemel hier op aarde."
"Ons is mal oor die Malmesbury-omgewing. Dis altyd lekker om soontoe toe gaan. Die mense is altyd vriendelik en verwelkomend."
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Ons was so oorweldig met die vriendelikheid van so 'n klein dorpie, dat dit baie beslis 'n plekkie is waarheen almal gaan heen terugkom weer en weer, die vermaak oor die naweek in die dorp was eersteklas!"
"Darling is an amazing small town with so many hidden gems and friendly people. I'm definitely going back there. You need to stay at least over for two days to explore all the greatness that Darling has to offer. "
"Darling is gedurende die blommeseisoen baie gerieflik geleë vir 'n oornag verblyfplek. Die jaarlikse veldblommeskou was ook aan die gang toe ek daar was, en vir die geleentheid is die orgidee kwekery ook oopgemaak vir die publiek. Vir hierdie rede was Darling dus 'n goeie plek om by te vertoef. Darling verskaf ook goeie wyn en daar is 'n pragtige wynwinkel in die hoofstraat wat produkte verskaf wat andersins nie algemeen beskikbaar is nie. Daar is goeie restaurante op die dorp, en die museum is 'n interessante venster op die verlede. Na aan die dorp is 'n plaas waar lig op die San lewenswyse gegooi word, en sowat 'n uur vanaf Darling is fossiele wat vir die belangstellende betekenisvol kan wees."
"Riebeek-Wes en Riebeek Kasteel is so na aan mekaar, dat hulle as 'n geheel gesien kan word. Aangesien dit 'n destinasiebestemming is waar vele troues plaasvind, is daar baie fasiliteite en besondere winkels wat andersins nie 'n bestaan sou kon maak nie. Ek het dus veel meer gekry as wat ek my voorgestel het. "
"'n Paar bekende "bakens" in die dorp asook blomtyd in September maak dit 'n gemiddelde toeristebestemming."
"Pragtig plek. Skoon en netjies. Amazing Spar op die dorp. Sal graag daar gaan bly!"
"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "