Verified Reviews
Swellendam
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Swellendam
Rated 4.6 out of 5 based on 526 reviews.
"Fabulous, stunning little clean town. Well done to the community. Keep it up. You guys are living example it can be done."
"Dit is 'n pragtige dorp, vol karakter weens die ou historiese geboue, die natuurskoon en berge."
"Swellendam het soveel historiese besienswaardighede, wat jou 'n hele paar ure kan besig hou. Die omgewing is baie mooi, en daar is goeie restaurante om by te gaan eet, asook genoeg winkels as jy van inkopies hou."
"Die dorp is baie skoon en die mense is almal so vriendelik. Ons het so tuis gevoel."
"Swellendam het regtig 'n paar oulike besienswaardighede. 'n Paar museums en oulike winkels met plaaslike produkte soos heuning, bessies. Jy kan perdry, kajakroei, staproetes met watervalle en diere in die Bontebok Park."
"Swellendam is small and give small villiage vibes, but still have lovely amenities and services. Loved the Keurbomen Cheese Shop - very informative."
"Het nie baie kennis van die dorp nie, weet dis 'n geskiedkundige dorp en het baie om te vertel oor, maar sal seker maak van volgende kuier."
"Die dorp is beknop en alles voel so bo-op mekaar, maar die onliggende omgewing is mooi met die pragtige berge."
"Pragtige dorpie met baie te doen en baie restaurante. Republic Swellendam beveel ek gewis aan."
"Friendly people with great service wherever we went. Weather was great as well."
"Dis 'n juweel van 'n dorp met 'n geskiedenis wat oor eeue strek. Ons sou graag meer plekke wou besoek, maar die tyd was te min. Ons het heerlik in die dorp gestap en al die geskiekundige geboue van buite beskou en afgeneem. Ons het ook afdraai paaie geneem en die pragtige omgewing bewonder. Dis 'n mooi, skoon dorp. Dis beslis 'n besoek werd."
"Pragtige dorpie aan die voet van die berg en daar is baie oulike restaurante en winkeltjies."
"Dis 'n pragtige dorp met sy netjiese strate. Daar is ook 'n verskeidenheid van restaurante om van te kies."
"Absolutely magic, loads of well-maintained gravel roads, mystical countryside and majestic Langeberg mountains."