Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1607 reviews.
"Gariepdam itself is quite an impressive piece of engineering that one needs to see at least once - unfortunately, on our visit, the dam wasn't overflowing in spite of all the recent rain - would have liked to have seen that!"
"Soos baie klein plattelandse dorpies is dit maar baie vuil en gaan die geboue ook baie agteruit."
"Rustige dorp met baie potensiaal. Ek verstaan dat die behuising voorafvervaardige huise is wat in gastehuise omskep is , maar verwag tog dat die plekke, veral ontspanningsgeriewe moet wees soos ek dit op die internet ondervind."
"Moet net nie by die plaaslike supermark vleis koop om te braai nie. Onsmaaklik."
"Ons kon nie ’n uitstappie na die damwal reël nie, omdat die instansie toe was. Dit was ’n groot teleurstelling omdat ons dit as een van die hoogtepunte beskou het."
"Die huidige stand van dam was 'n belewenis met die sluise wat oop was. Nie veel verder verken nie."
"Die Munisipaliteit kan gerus meer doen om die dorp aantreklik te maak, siende dat daar so 'n groot toeriste-attraksie daar is. Dit het toevallig gereën die dag toe ons deur die buurte gery het en die toestande was uiters pateties! Bloemwater het die watertoevoer na die dorp afgesny omdat rekeninge nie betaal is nie. Watter ironie, terwyl die Gariepdam oorstroom het!"
"Ai, wat 'n voorreg om daardie massas water te sien, te hoor en te ruik! Dit is altyd 'n belewenis om natuurkragte in aksie te sien."
"Die dam asemrowend mooi met die oop sluise. Skoon netjiese en veilige dorp."