Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1607 reviews.
"Baie vriendelike mense en 'n wonderlike rustige dorpie met pragtige uitsigte oor die dam en natuurskoon. Beslis 'n bestemming vir jou vakansielysie."
"Ons was in September 2017 oor 'n naweek vir 'n famielie reunie by die Gariepdam Resort. Dit was 'n wonderlike naweek met 'n mooi uitsig oor die Gariepdam."
"Die Gariepdam het oor die algemeen heelwat om te bied, net ongelukkig nie gedurende Covid tyd nie, alles wat mens graag sal wil doen is onbeskikbaar."
"Slegs as 'n halfweghuis-oorslaap gebruik, maar aangenaam verras met Rustiq Pub and Grill Restaurant. Hentie en Rena is ongelooflik gasvry en vriendelik."
"As jy nie gewoond is aan die water daar nie, stel ek voor jy gebruik net gebottelde water."
"Sal vir seker die N6 aanbeveel vir motorfietsry, was regtig lekker om al die damme en riviere te sien. Ons het wel op 'n plaas buite Venterstad gebly, so nie veel meer as die hoofstraat gesien nie."
"Quaint little town, ideal for a stopover, or a watersport breakaway at a resort om the dam's edge. Very little infrastructure and dining options - come prepared."
"Asemrowende mooi uitsig oor die dam. Besonder rustig. Eetplekke is redelik beperk, maar met selfsorg, kan 'n langer verblyf baie ontspannend wees!"
"Ek sou graag in die toekoms langer wil vertoef om meer van die dorp te beleef."
"Baie rustige, stil plek. Baie netjiese omgewing. Alles wat mens nodig het is beskikbaar."
"Nie veel om te doen nie. Lekker restaurant. 'n Moeite werd ervaring on die dam te kon sien. Baie afgeleë vir mense wat stilte en rus soek. Beslis net 'n oornagplek as jy nie 'n boot het en wil visvang nie."
"Pleasant surprise restaurant at filling station at town entrance - really tasty, well cooked beef burgers! Worth the stop!"
"Ek dink Gariepdam is n puik opsie vir oorslaap. Ek ry al 22 jaar die pad na Tuinroete of Kaapstad en het nog nooit by Gariep oorgeslaap nie. Ek glo hierdie was my eerste en laaste keer wat ek dit sal doen."
"Interesting memorials about the Anglo-Boer War and spectacular views of the Orange River from the bridge."
"Pragtig, as jy op die dam bly is dit die moeite werd, dorp self nie baie attraksies nie."
"Die langste brug in die land is baie indrukwekkend. Die Ou Kar Restaurant word aanbeveel. Die hotel is blykbaar vol boeke - meer as ‘n biblioteek (alhoewel ons dit ongelukkig nie te siene gekry het nie). Ons het ‘n draai by tragiese Konsentrasiekamp kerkhof gemaak. Oudste sendelingshuismuseum kan ook besoek word. Baie gerieflike oornagstop tussen Gauteng en die Suid-Kaap."