Verified Reviews
Trompsburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Trompsburg
Rated 3.4 out of 5 based on 213 reviews.
"Naby Gariepdam wat 'n belewenis is om te sien as die water oor die damwal loop. Snobs Coffee Shop is 'n heerlike eetplek. Kuilfontein padstal is 'n moet-besoek plekkie. Affi-plaas Coffee Shop het heerlike kos en goeie waarde vir geld. Daar is heelwat historiese plekke om te besoek."
"Dit is maar na my mening 'n tipiese ontvolkte plattelandse dorpie wat besig is om te kwyn. Jy kry wel 'n dak oor jou kop maar van toerisme is daar min 'n Goeie eetplek en kruidenierswinkel is nie eers beskikbaar nie"
"Alhoewel Trompsburg 'n klein plattelandse dorpie is, is daar baie om te sien in die omgewing as mens bereid is om bietjie rond te ry. Daar is 'n baie lekker restaurant en die mense is gasvry en vriendelik."
"Goeie plek om oor te stop, potensiaal om ou erfenisgeboue te restoureer en rêrig mooi te maak en te bevorder as toeriste-aantreklikheid."
"Ons was baie teleurgesteld dat daar geen restaurant of winkel oop was die Sondagaand waar ons kon eet nie."
"Snobs Coffee two blocks from Fox Den is a must visit for an excellent cup of coffee and to buy some freshly roasted beans/ground to take home."
"Trompsburg is 'n baie klein dorpie, ideaal vir oorslaap tussen Johannesburg en die Kaap."
"Die dorp is baie verwaarloos en onnet. Dit doen afbreuk aan besighede en beslis ook aan sy inwoners."
"Dit is 'n klein Karoodorp, so daar is nie veel nie, maar nogtans het dit tog bekoring."
"Die dorp se paaie is 'n nagmerrie. Die pad is vol dongas en nie aan te beveel vir lae motors nie. Die beste pad is regdeur die dorp tot by die skool en dan regs tot by Snobs Coffee."
"Ons het by die Affie Plaas Restaurant geëet. Baie gasvry en vriendelik met heerlike kos en goeie diens."