Verified Reviews
Trompsburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Trompsburg
Rated 3.4 out of 5 based on 213 reviews.
"Trompsburg is nie 'n toeristebestemming nie, bloot oornag op pad Kaap toe. Vir daardie doel, was dit perfek."
"Lekker sentraal geleë. Naby Gariepdam. Pragtige plattelandse dorpie. Die Waterwiel Bakkery is die moeite werd om te ondersteun! "
"Dit is n klein dorpie met nie te veel om te doen nie, maar ek sal dit aanbeveel vir 'n oorslaap. Dit bied 'n lekker koffiewinkel (Oppie Plaas) net langs die petrolstasie en die Motel se kos was ook baie aangenaam."
"Daar is regtig nie veel om te doen nie, maar dis die perfekte oornagple: - daar is nie die lawaai van groter plekke soos Colesberg nie. Ek sal in die toekoms veel eerder in Trompsburg oorslaap."
"Weens 'n tydbeperking het ons nie veel van Trompsburg ervaar nie, maar sal beslis die Jagersfonteinpad na Bloemfontein aanbeveel. Die pad is nie so besig nie en is in 'n goeie toestand. Net voor Bloemfontein is daar 'n slaghuis waar 'n mens ook goeie skaapvleis teen 'n billike prys kan aankoop. Die slaghuis het egter nie kaartfasiliteite nie. "
"Trompsburg is 'n goeie halfpad-oorblyplek tussen die Kaap en Johannesburg. Net reg vir 'n moeë reisiger om op 'n rustige plaas af te pak en uit te rus. "
"Ons het net oornag op Trompsburg oppad Oos-Kaap toe. Trompsburg lyk soos 'n rustig, klein dorpie, dit was 'n heerlike verandering van die besige stad! "
"Ongelukkig was die aankoms skemertyd en weer vroeg vertrek, maar dit wat ons gesien het die volgende oggend dit is skoon netjiese dorpie wat ek van baie ander plekke nie mee kan vergelyk nie."
"Ons ken dit slegs as 'n plek op pad / vanaf die Kaap. Daar is dalk meer in die omtrek."
"Trompsburg is goed geleë tussen Pretoria en George vir oornag. Mooi dorpie met 'n bakkery wat baie moeite doen om toeriste te lok. Mense baie vriendelik."
"Rustige oornagplek en mens hoef nie in besige stede rond te ry en verkeer trotseer nie. Ek het slegs oornag en nie vir toerisme doeleindes daar oornag nie, aangesien ek oppad was Pretoria toe."