Verified Reviews
Underberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Underberg
Rated 4.4 out of 5 based on 324 reviews.
"Pragtige skat aan die suidelike deel van die Drakensberg. 'n Mens kan beslis meer as een maal daar 'n draai maak en daar is ongelooflik baie om te ondervind. Die natuurskoon is werklik iets om te beleef!"
"Ek kan die Lemon Tree Restaurant sterk aan beveel. Underberg is n mooi klein dorpie waar jy alles wat nodig is as toeris kan kry. "
"Underberg is soos meeste dorpe in die omgewing maar bedrywig met baie voetgangers en karre in die middedorp. Maar die Superspar het als wat jy sal benodig van hout tot sjerrie vir die winter. As verblyf, om die pragtige omliggende areas te verken, is Underberg beslis die perfekte keuse."
"Dit was die einde van die maand so die dorp was baie besig. By die winkel het ons vir omtrent 45 minute in 'n ry gestaan om iets te koop. Daar is 'n baie oulike restaurant in die dorpie met die naam "Mikes Restaurant". Baie vriendelike eienaar en die ontbyt was heerlik. Kon nie glo hoe goedkoop dit was en die hoeveelheid kos wat jy kry nie. Hier in Jozi kry jy dit nie. Verder is dit 'n pragtige plekkie! Dit is mooi in die winter en ek kan net dink hoe mooi dit n die somer moet wees."
"Underberg Cheesery het die heerlikste kaas. The Olde Duck en Pucketty Farm is definitief die moeite werd."
"Underberg-omgewing is pragtig, dis regtig 'n baie mooi gedeelte van die land en die natuurskoon is asemrowend, die dorpie self bied alles wat n mens benodig. Sal definitief weer eendag teruggaan."
"Geleë in een van die mooiste dele van ons land. Die Lemon Tree Restaurant is ons gunstelingeetplek."
"Underberg is an undiscovered jewel if you love the out doors and scenery. The Cheesery makes excellent hand-crafted cheese and its a worthwhile outing for the family. Excellent launch pad for a 4x4 trip up Sani Pass. The museum in Heimville 6 km away is worth a visit. Still well cared for. "
"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."