Verified Reviews
Universitas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Universitas
Rated 4.1 out of 5 based on 209 reviews.
"Naby al die hoofroetes en besighede, baie sentraal geleë. Geskik vir persone wat voertuie wil laat diens, naby aan bande-besighede ook."
"Gerieflik met die hospitaal daar, maar nie besienswaardighede nie - slegs residensieel."
"Ons was daar vir sport aktiwiteite en nie vir vakansie nie, dus geen toeriste aktiwiteite gedoen nie. Universitas is baie sentraal ten opsigte van die sportvelde, inkopies, laundromat, mall so dit is baie prakties en goed geleë en ideaal as mens Bloemfontein toe gaan vir sportgeleenthede."
"Stil woonbuurt, maar dit is maar 'n woonbuurt, nie juis 'n toeriste-bestemming nie."
"Dis baie naby en gerieflik as jy by die universiteit of Universitas Hospitaal wil wees.Baie sentraal geleë in Bloemfontein."
"Die hospitaal en die een hoofpad is naby aan Park West en dan hoor mens die ambulanse as daar 'n noodgeval is en sekere motors wat probeer spog in die middel van die nag."
"Besoek gerus die Vroue en Voortrekker monument - beslis die moeite werd. Een van die beste museums in Suid-Afrika na my mening. Ek kan ook Bella Cassa Restaurant aanbeveel - die beste pizza ooit!"
"Die woonbuurt gaan blykbaar gebuk onder gebrekkige vullisverwydering. Universitas is dus nie die beste oornag omgewing in Bloemfontein nie, maar Aandmuziek kom hierdie probleme van die omgewing te bowe deur hulle onberispelike tuine."