Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Vriendelike gemeenskap. Baie interessant. Maak net seker jy vat hout, vleis en ys saam anders kan jy by een van die restaurante eet. Die Brewery met lewendige musiek was baie aangenaam en aandete by die restaurant op die dorpie was heerlik. Ons het meer gekry as wat ons verwag het. Sit die een beslis op jou 'bucket list'."
"Hopetown is 'n klein dorpie en jy moenie meer verwag as wat n klein dorpie kan bied nie. As jy na `n unieke ervaring soek, gaan eet by Die Stalle. Die enigste manier om dit te beskryf is -gaan eet self daar om uit te vind!"
"Nieu-Bethesda is 'n eksentrieke dorpie met baie om te sien, as jy bereid is om daarvoor te soek. Ek dink nie iemand wat hou van adrenalien-gedrewe aktiwiteite op 'n vakansie sal dit so baie geniet nie, maar as jy 'n waardering het vir eienaardighede en dorpies wat in 'n middag plat gestap kan word, kan jy gerus 'n draai maak in Nieu-Bethesda. "
"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."
"Ek dink die Bo-Karoo as toeriste aantreklikheid het nog nie tot sy reg gekom nie. Baie mense sien dit net as 'n plek om te oornag. Dit is ook 'n plek om uit te span en te rus."
"Lekker dorpie om in rond te loop en spesiale geskenkies en aandenkings te koop. 'n Mens het tyd nodig om alles te ontdek en geniet."
"Absolutely loved the town. It has a lovely charm and we so enjoyed the country side and fresh air. We loved the journey to Nieu-Bethesda as the views are lovely. We only spent one night so are sorry we didn't have more time to explore all the little shops and places to eat. We were fascinated with the Owl House and saddened by the story of Helen! "
"Dis 'n unieke plekkie wat oor en oor die moeite werd is om te besoek - hier het die tyd stilgestaan. Geen teerstrate, geen straatlampe! Sluit dit gerus by jou reisplan in en bly minstens twee aande oor..."
"Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!"
"Baie vriendelike mense ontmoet wat graag gehelp het waar nodig was. Heerlike kos ook gekoop."
"Die Uilhuis van Helen Martins is natuurlik die hoogtepunt, maar daar is ook n ander plekkies om te besoek. Los die kar en verken die stof strate sommer te voet. "
"Ons klomp hou baie van die Karoo, bo of nie bo, bly heerlik om daar aan te doen."
"Die hele dorp is epies. Daar is baie om te doen en te sien en te proe en te leer!"