Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Almal moet eenmaal in hul lewe dit besoek. Die uilhuis is natuurlik ‘n moet, maar dit is nie al wat daar te doen is nie. Donkiekarritte, boetiek bier, kaas, heerlike eetplekke, kuns, geskiedenis en pragtige natuurtonele is maar van die dinge wat dit die moeite werd maak."
"Dit is 'n lieflike dorpie en die plaaslike gemeenskap laat besoekers voel asof hulle al jarelange vriende is."
"Beslis die moeite werd om daar te stop en om 'n bietjie deur die dorp te loop."
"Very little to do on actual town. Overnight stop between Jhb and Cape Town perfect."
"Die N12 is 'n stil roete en Victoria-Wes het 'n spesiale klein dorpie bekoring."
"Pragtig (net droog en warm!). Mokala Park is 'n lushof met al die baie verskillende bok-spesies. Ons het die paar dae baie geniet."
"'n Stil, rustige en skoon dorpie. Gestap en fietsgery in stil, boomryke strate. Heerlik kondensmelk koffie geniet en gesels by Erika se koffiewinkel en lekker ontbyt by Die Ketel. Absoluut die moeite werd om te besoek!"
"Weet nog steeds nie veel van Richmond en sy boek oorsprong af nie, klaarblyklik het dit uit die lug geval volgens die boekstigter."
"Ons was op 'n maandeinde en naweek daar. Saterdagmiddag na sluitingstyd was die sypaadjies vol leë kartonne, bottels en plastieksakke. Die munisipaliteit kan gerus 2 persone in diens neem om vanaf 1 uur net deur die hoofstraat te stap en gou die vullis op te tel en die dorp skoon te maak soos wat ons al ervaar het op ander kleiner dorpies in die platteland. Dis so 'n mooi dorpie met ryk geskiedenis wat deur baie wêreldreisigers besoek word en verdien om altyd skoon te wees."
"Nieu Bethesda is in sy eie klas en kan nie vergelyk word met ander toeristedorpe nie. Dis vir mense wat afgesonder wil wees. Dis baie stil en rustig."
"Dit is 'n veilige en vriendelike dorpie. Ons beveel die fossieletoer wat jy by die Uilhuis kan bespreek, sterk aan. Die gids is bevoeg en belese. Die aandlewe sal jou teleurstel. Ons het gesukkel om 'n restaurant te kry wat oop is en dan wil hulle reeds 8 uur sluit. Martin van die Towersrestaurant was in die geval baie tegemoetkomend."