Verified Reviews
Upper Old Place
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upper Old Place
Rated 4.4 out of 5 based on 24 reviews.
"Dit laat jou regtig ontspan en vergeet van die vuil en besige Gauteng. Sal weer soontoe wil gaan. "
"Dis ouer, middelklas gebied in Knysna. Meeste huise kyk na die suide. Pragtige uitsig oor die lagoon, maar koud in die winter. "
"Te veel om te doen en te min tyd! Knysna en die omliggende omgewing bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede vir oud en jonk."
"Upper Old Place is nie noodwendig 'n toeristebestemming nie, maar vorm deel van die groter Knysna wat 'n wonderlike toeristebestemming is met talle lieflike plekke om te besoek. Die Vrydagaand mark van die Montesori Skool is 'n moet! Brenton, Sedgefield met Saterdag mark, Plettenbergbaai en Buffelsbaai is in 'n radius van 80 km bereikbaar. Voorwaar die middelpunt van 'n menigte interessante vakansie-aktiwiteite!"
"Dit is 'n mooi en stil area met pragtige uitsigte oor die strandmeer en die koppe. Beslis die moeite werd."
"Somervakansie met heerlike warm weer, naby die see en gerieflik naby winkels en eetplekke. Veilige en stil woonbuurt."
"'n Deel van Knysna wat jou rustig laat voel, weg van al die gewoel. 'n Veilige gedeelte waar jy buite kan sit en selfs met jou hond kan gaan stap."
"Knysna was soos altyd 'n baie lekker plek om te wees. Die twee eilande op die meer versper ongelukkig die koppe en jy is geforseer om daarnatoe te ry om dit te sien. Die plakkerskamp by die ingang van die dorp is egter nie lekker vir toeriste om te sien nie."
"Sal dit ten sterkste aanbeveel. As jy rus en ontspanning nodig het is dit die perfekte plekkie om na te gaan."