Verified Reviews
Uvongo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Uvongo
Rated 4.5 out of 5 based on 1011 reviews.
"Moenie die eerste dag van nuwe jaar daar wees nie. Die strate is vol taxis en jy kan skaars ry."
"Dit is een van die lekkerste strande waar ek nog gekuier het. Als is daar."
"Uvongo is beautiful. Owners of holiday units need to personally ensure that their units are in a condition worth the money they charge."
"Baie lekker dorpie, maar sal in die toekoms voorsorg moet tref tot nuwejaarsdag. Meeste restaurante en eetplekke was toe, die verkeer was chaos met absoluut geen verkeersbeamptes of verkeer regulering nie."
"Baie lekker toerismebestemming, behalwe sommige strande regtig oorvol en nuwejaar was Uvongo se verkeer verskriklik besig gewees."
"Uvongo is 'n spesiale klein dorpie met weggesteekte strandjies hier en daar waar mens ook lekker op die rotse kan gaan klim en klouter. Rondom Uvongo is daar ook heelwat dinge om te doen en plekkies om te besoek. Dit is net ongelooflik besig oor die Feesseisoen."
"Uvongo het my verbaas, baie lekker plek en strand. Die Pavilion restaurant se kos en cocktails - baie lekker en dan moet nie van The View restaurant se kos en R&R jugs vergeet nie."
"Die dorp is naby alle belangrike fasiliteite. Die strandgebied was ordelik en nie oorvol nie en kindervriendelik."
"Dit is net sleg dat ons op die nuus moes verneem van die lagoon wat nie geskik was vir swem nie."
"Ons het as kinders elke Desember by Uvongo tuisgegaan. Stand is egter nie meer so lekker nie, maar Uvongo het gerieflike winkels."
"Baie lekker strand, nie te groot nie en het al die fasiliteite wat nodig is. C-Bali is 'n heerlike restaurant op die strand waar jy baie lekker kan eet, The Waffle House is vir seker 'n moet. Winkel is stapafstand. "