Verified Reviews
Vanrhynsdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Vanrhynsdorp
Rated 4.1 out of 5 based on 391 reviews.
"Wonderlike ouwêreldse sjarme. Plekke om te besoek sluit die kokerboom kwekery en die vetplant kwekery in die ou tronk in. Kardoesie het die heerlikste lamspastei. Die Red Ox Restaurant het goeie diens en heerlike maaltye. Probeer hulle osstert! "
"Regte, egte klein dorpie. Ons het dit baie geniet om een aand daar oor te bly. Lekker vir oorslaap."
"The Red Ox restaurant is 'n uitstekende plek om oggend tot aand by te gaan eet met oorspronklike kunswerke van die befaamde Walter Meyer. Boonop is Vanrhynsdorp baie naby al die belangrike Namakwaland blomme-areas. Die dorp is skoon en netjies."
"Sentrale plek vir blommekyk. Namakwaland is vanjaar 'n moet bestemming. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Goeie oornagdorp vir blommekyk en verteenwoordigers om Noord-, Suid-, Oos- en ook Weskus te besoek."
"Ongelukkig lyk baie van die geboue verwaarloos. Vanrhynsdorp se mense is uiters vriendelik, behulpsaam en altyd gereed om 'n heerlike, entoesiastiese geselsie aan te knoop. Dit wil voorkom of hulle, in teenstelling met die stad, nie die horlosie dophou nie, maar eerder daarop gefokus is om hulle tyd aan hulle besoekers te gee en soveel moontlik in hulle belang te stel en hulle tuis te laat voel. Baie dankie, Vanrhynsdorp, vir julle gasvryheid!"
"Gedurende blommetyd, is Van Rhynsdorp ideaal geleë. Die personeel van die hotel en die toerismeburo adverteer ander besighede in die dorp soos by die kwekerye en die oudhede uitstalling in die Ou Tronk. Het 'n baie aangename twee dae daar deurgebring."
"Not sure how the layout of the town is, as we were looking for ATM's and the ones found was not fully loaded. Maybe a town map of basic services!"
"Oulike dorpie, munisipaliteit kan dalk net bietjie meer instandhouding doen."
"Daar gaan volgens my kennis niks aan op die dorp. Net die basics. Die apteek het toegemaak. Moet na Vredendal gaan vir inkopies."