Verified Reviews
Vredenburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Vredenburg
Rated 4.3 out of 5 based on 180 reviews.
"Vredenburg is 'n lekker plek. Wat dit meer aantreklik maak is dat dit in die middel van die Weskusstreek is. Paar minute weg van Langebaan, Saldanha, Velddrif, Laaiplek, Paternoster. Spoiled for choice."
"Die Weskus Mall het meeste winkels wat ek in die stad ook kry. Die ander dorpe is bereikbaar binne 'n paar minute se ry."
"Nie veel om te doen veral as jy kinders het. Sentraal genoeg om uit te ry na areas met aktiwiteite vir almal."
"Vredenburg is vir ons die naaste groot dorp, so die inkopies is ongelooflik - die nuwe Food Lover's Market staan veral uit vir ons!"
"Dit is een van die groter dorpe in die omgewing met baie winkels en besighede. Vredenburg is ook baie naby aan van die vissersdorpe in die omgewing."
"Ons was verras oor hoe groot Vredenburg is. Dit naby aan al die lekker strande soos Paternoster, Jacobsbaai, Saldanhabaai, Tietiesbaai, Langebaan. Lekker sentrale punt naby al die strande."
"Vredenburg is baie sentraal vir al die kusdorpe wat jy sou wou besoek in die Wes-Kaap. Ons was Paternoster, St. Helenabaai en Langebaan toe en dit was nie ver om te ry nie."