Verified Reviews
Wakkerstroom
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wakkerstroom
Rated 4.4 out of 5 based on 204 reviews.
"For a quiet, short stay, it is lovely. Bird enthusiasts will appreciate the wetland and walkways."
"Lieflike plekkie maar Maandae tot Woensdae is meeste plekkies toe. Ons sal volgende keer liefs oor 'n naweek gaan kuier om werklik die hart van die dorp te beleef. Gelukkig het die voëls in die vleilande en ons blyplekkie alles die moeite werd gemaak!"
"Baie mooi, klein dorpie met heelwat om te sien, maar die lekkerste is die rus, die plek is die rustigheid vanself!"
"Dit bly my hart se punt, sou daarheen trek as ek kon! Stil in die week, maar genoeg lewe, restaurante en winkeltjies oor naweke."
"Quirky, rural village. A great place just to enjoy the peace and quiet and have a good break."
"Baie vriendelike en behulpsame mense. Die eienaar het selfs geskakel om te hoor of ek lekker kuier en of ek enige iets kort. Baie goeie diens."
"Ons is verlief op die dorpie en sal enige tyd weer daar gaan besoek. "
"If you like isolation and quietness, then this is the place for you. Don't expect crowds, other people and restaurant and pub owners to entertain you and keep you company whilst visiting their establishments. A wonderful getaway for those who need solace and reconnection with themselves."
"Die mense het ons baie vriendelik ontvang en die diens was baie goed oral waar ons aangegaan het."
"Die jaarlikse Wakkerstroom Musiekfees (WMF) is 'n gebeurtenis om nie te mis nie! Dit is fantasties gereël en al die opvoerings is deur en deur die moeite werd. Wonderlik om na al die venues te kan loop! Doen so voort!"
"Die dorp is baie oulik. Daar is iets van alles beskikbaar en ook baie goeie restaurante. Die dorp is vriendelik en ek geniet dat almal so lekker kan stap waar hulle wou wees."
"Pragtige dorpie, maar daar is vir seker 'n tekort aan 'n kruidenierswarewinkel. Die klein padstal kon gelukkig aan ons 'n paar aartappels verskaf, maar vat maar liewer saam wat jy nodig het."
"Sou graag meer inligting oor die voëls en waar om voëls te kyk, wou hê. Geen kaart van voëlkykroetes beskikbaar nie."
"Ideaal om weg te kom uit die stad. Baie vriendelike inwoners. Tweedehandse boekeplek langs die garage is 'n hoogtepunt. Interessante winkeltjies om in rond te snuffel. Dit was ons derde Kersfees op Wakkerstroom en ons kom (definitief) terug."
"Soos ander klein dorpies, probleme met water en krag, maar pragtige omgewing en interessante plekke en winkeltjies."