Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Ons hou baie van die weskus en veral sy mense met hul eenvoud en vriendelike geaardheid. Ek sal nie omgee om self daar te woon nie. 'n Heerlike rustige atmosfeer. Selfs die nuwe bestuurder (Wayne) by die Clubhouse is so tegemoetkomend. Wees net versigtig, die wetstoepassers is baie streng. Die parkeerarea by die see is baie smal en groot voertuie pas nie maklik in nie. Hul parkeer dan oor die lyne en jy met jou standaard voertuig is verplig om oor die volgende wit lyn te parkeer en dan kry jy sommer gou-gou 'n parkeerkaartjie van R1000.00 vir "dangerous parking"."
"Baie mooi en lekker strand. Om kos te kry is net 'n probleem aangesien net een restaurant aandete gedoen het in die hele dorp. Ek weet nie of dit altyd so is en of dit net gedurende hierdie tyd was nie."
"Ek kom oorspronklik van Graafwater, 'n dorpie so n paar kilometers weg van Elandsbaai en ek moet sê, die naweek het my laat besef Elandsbaai is eintlik 'n juweel van die see! Vriendelike mensies en ons is definitief huistoe met klere vanaf die surf shop in ons tas. Regtig die moeite werd vir 'n vakansietydjie!"
"Yzerfontein voed jou siel met die pragtige lang, wit strand. Dit is veilig om te gaan stap. Die winkels is uitstekend, kan wegbreek van die buite wêreld en net ontspan."
"Ons het al die dorpe in die omgewing sovêr as Lambertsbaai besoek en het dit terdieë geniet."
"Yzerfontein is 'n juweel aan die Weskus met vriendelike mense, pragtige strande en lekkerste bakkery en restaurante. Beslis 'n besoek werd."
"Totally exceeded our expectations. Most character filled destination in South Africa, with a Greek Island feel. Great variety of things to see, explore and do. Three days were not long enough. We'll be back soon."
"Wees versigtig vir mense wat kreef wil smous. Hou maar waardevolle besittings weg uit die oog. 'Petty crime' is aan die toeneem. Maar Paternoster bly 'n juweel van 'n plek met die mooiste skoon strande."
"'n Klein kusdorpie met restaurant wat lekker kos bedien, en elk het 'n lekker gesellige atmosfeer. Alle winkels is loopafstand en die mense van die dorp is baie vriendelik."