Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"I fell in love with all the friendly people of Lamberts Bay! Locals creating the most beautiful crafts made up of sea shells. Crayfish & lovely fresh fish from the boats (in allowed season with a permit that can be taken out at the post office. Pharmacy, Spar, OK Mini Mart & various other shops stocked up with everything you could possibly need. Restaurants serving lovely fresh seafood. Not forgetting the beautiful coastline! Lamberts Bay is a must for the bucket list!"
"Velddrif is 'n pragtige en skoon dorp. Almal is baie vriendelik en ons het die rustigheid baie geniet."
"Meeste van die restaurante in die omgewing was uitstekend en bekostigbaar. Baie besienswaardighede in die omgewing en mens hoef nie ver te ry vir 'n lekker uitstappie nie. Baie rustige vakansiedorp en sterk aanbeveelbaar."
"Kon nie strand toe gaan nie weens nuwe Covid reels. Jammer, want dit is 'n baie mooi strand. "
"Dis dorp is so mooi en netjies ingerig. Baie veilig en die mense is vreeslik behulpsaam."
"Vir die gemiddelde besoeker voel ons dat die restaurante en wegneemetes duur is. As jy Lambertsbaai besoek, wees voorbereid op die reuk wat van die voëleiland se kant af kom as die wind verkeerd waai."
"Veldrif is vir ‘n heerlike plekkie om in vakansie te hou. Dit is baie sentraal geleë tot St. Helenabaai, Paternoster en Dwarskersbos. Daar is verskeie restaurants en wegneem eetplekkies wat die heerlikste seekos maak en die porsies is groot - wat dit maklik maak om te deel. Onvergeetlike sonsondergange, ongerepte natuurskoon, baie voëls om te besigtig en skoon strande. Ons het ‘n heerlike vakansie daar deurgebring."
"Lamberstbaai se mense is leflike en vriendelike mense. Bediening in die restaurante was almal tops. Die kos en verskeidenheid is puik. Self die mense by winkels is almal vriendelik en behulpsaam. Al wat aanvanglik gepla het was hier en daar mense wat bedel is die strate. Maar dit is maar ooral so en as hulle sien jy is streng, respekteer hulle dit. Ek dink Lambertsbaai is ideaal vir toeriste. Daar is alles wat mens nodig het."
"Rustig omgewing. Mooi en skoon strand. Lekker fietsry, stap, visvang en kreefduik geleendhede."
"Lekkerste kuierplek naby al die seekosse. Die Vishuis is ’n moet-besoek, asook Ubuntu-visserye met al sy geregte wat te koop is."
"Nie baie om te doen nie. Moes elke dag Paternoster toe ry, om dit die moeite werd te maak."
"We only had a short stay but loved the harbor, Bird Island and Melkboskerm. We will be back!"
"Yzerfontein en die omliggende area bied heelwat om te doen, behalwe net die strand en see. Dis beslis 'n kuier werd - selfs al gaan jy net vir die pragtige sonsondergang!"
"Ons sal baie graag St. Helenabaai toe wil verhuis. Dit is baie skoon, vriendelik en ons het daar tuis gevoel."
"Ongelooflike mooi ongerepte strande en besonderse seetuine en staproetes teen die see."
"Vredenburg is gerieflik geleë. Bespaar geld deur in Vredenburg te bespreek en die Weskus plat te reis. Soveel nabye strande is by Vredenburg. Dit is in die middel van alle strand dorpies. Vredenburg het alles wat dalk nodig verkry sal word op vakansie."